Logo
web uni tv guide

Boer Soek 'n Vrou

144RealiteitPG13

#BoerWillem

OUDERDOM: 29
KINDERS: Geen 
KWALIFIKASIE: Matriek 
BOERDERY: Rooibostee-boerdery
AREA: Clanwilliam, Wes-Kaap 
HUISTAAL: Afrikaans 
HUWELIKSTATUS: Ongetroud 
LENGTE: 1.82 m

WILLEM IS OPSOEK NA:
My ideale vrou/maat moet eerstens ’n kind van die Here wees. Sy moet ook spontaan wees, ’n goeie sin vir humor hê en ook lief wees vir die plaas en natuur. Sy moet aktief wees en op haar eie voete kan dink, ’n mooi hart hê en as sy nog mooi is daarby sal dit ’n bonus wees. Ek soek net iemand wat deur dik en dun by my kan staan en die lewe saam met my geniet.

LEWENSKETS EN BELANGSTELLINGS:
Ek is maar uit en uit ’n boer – dit loop deur my are. Meeste van my tyd spandeer ek op die plaas en sy werksaamhede. Ek hou van ’n netjiese en presiese besigheid, so dit maak my seker bietjie van ’n perfeksionis en dus verg dit baie van my tyd. Ek hou van die natuur en buitelewe en om aktief te wees. Ek is ook gaande oor ’n velddag en braai saam met vriende. Ek speel graag rugby as die tyd my sou toelaat en geniet my jaarlikse jagtog. Verder is ek graag betrokke by die kerk en my boerevereniging.

LESSE UIT VORIGE VERHOUDINGS:
Sekerlik maar kommunikasie, geduld en wedersydse respek.

BESTE EIENSKAPPE:
Sjoe dit is nogal moeilik om mens self te prys.

  • Ek is baie hardwerkend en gee nie op voor ’n doelwit bereik is nie,
  • Ek sien my as ’n omgee-mens en sal uit my pad uit gaan om ’n vriend of famielielid te help,
  • Ek sien altyd die glas half vol en probeer altyd met die minste ’n sukses maak.

SLEGSTE EIENSKAPPE:
Nog moeiliker...

  • Dalk soms bietjie oorhaastig en moet dinge meer tyd gee om te gebeur,
  • Kan baie hardkoppig wees,
  • Omdat ek so netjies en stiptelik is, bots ek en mense soms.

IS JY ROMANTIES EN IDEALE ROMANTIESE AFSPRAAK:
Ek kan van tyd tot tyd seker wees. Ek sien ’n romantiese afspraak as twee mense om ’n gesellige vuurtjie met ’n lekker glasie wyn en goeie geselskap, sonder enige allerdaagse afleiding byvoorbeeld selfone, TV, radio ensovoorts. Net twee mense wat mekaar se geselskap kan geniet en ’n oomblik deel.

Willem 2

Boer Willem se pasmaats

'n Rooibosteetjie

Die lewe is ’n lied deel 5 – Boer soek ’n vrou 12

00:01:02
Kyk hier na die eksklusiewe, volledige weergawe van #BoerWillem se liedjie.
Die lewe is ’n lied deel 5 – Boer soek ’n vrou 12 Image : 9355