Logo
web uni tv guide

Boer Soek 'n Vrou

144RealiteitPG13

#BoerTheunis

Boer Theunis

OUDERDOM: 36
KINDERS: Geen 
KWALIFIKASIE:
BSc Bosbou-graag 
BOERDERY: Tafeldruiwe-boerdery
AREA: De Doorns, Wes-Kaap
HUISTAAL: Afrikaans 
HUWELIKSTAAT: Ongetroud 
LENGTE: 1.79 m

OPSOEK NA:
Playful en allergies vir drama. Kyk na haarself. Cute en mooi, maar nie ’n cover model. Saggeaard, maar nie op die mond geval nie. Diep, maar nie te ernstig. Doen een of ander sport/iets aktief. Ondersteunend en belangstellend. Christen.

LEWENSKETS EN BELANGSTELLINGS:
Adventurous – Road trips, bike trips (motorfiets), hiking trips, kloofing, exploring/traveling. Hou van aktief wees. Bergfiets, padfiets, trail run, stap/berg, gym, boks. Water ski en roei as ek kans kry. Hou ook van dans, strand, live music, tuinmaak, dromme speel, my hond. Ek probeer gesond leef en eet. Persoonlikheid - Mense sê eks rustig, kalmerend. So ek is nie 'n groot party animal nie, maar ek hou van goeie geselskap en mense.

LESSE UIT VORIGE VERHOUDINGS:
Gee mense ’n kans/tyd, hulle pas aan en julle albei verander met tyd. (Moenie te veel op gevoelens fokus nie. Dit verander ook.) Elke verhouding het waarde, maak nie saak hoe lank dit hou nie. Dit gaan nie net oor die dinge waaroor jy baklei nie. Dit gaan ook oor hoe jy daaroor baklei. Leef nogsteeds jou eie lewe, moenie ophou verhoudings bou nie. Hê realistiese verwagtinge oor ’n verhouding en romanse. Praat oor als. Moet niks wegsteek nie, al is dit moeilik.

BESTE EIENSKAPPE:

  • Geduldig,
  • Nederig, 
  • Gedisiplineerd.


SLEGSTE EIENSKAPPE:

  • Ek kan soms te hard wees op myself,
  • Ek kan bietjie aandag-afleibaar wees
  • Ek sukkel soms om besluite te neem of stel dinge uit.


IS JY ROMANTIES?  WAT IS JOU IDEALE ROMANTIESE AFSPRAAK?
Ek weet nie... Ek glo ek kan wees. Hang ook af hoeveelste date dit is:

Winter: 
Aandete by ’n jazz club.

Herfs/Lente:
’n Scenic drive tot by Kaappunt (oor Chapmans Peak en deur Simonstad) met die motorfiets en stop langs die pad vir ’n ete.

Somer:
’n Rustige fietsry teen skemer met ’n piekniek/ete by ’n kampvuur in die berg.

Ander opsies:

  • Besoek ’n markie of plek soos Franchhoek teen skemer en eet by meer as een plek.
  • Besoek ’n diere- of voëlpark.
  • Doen ’n tree top tour
  • En as ek regtig kon... ’n Sneeu ski dag in die Alpe, die aand swem by ’n hot springs spa of ’n jacuzzi met ’n glas wyn tussen die sneeu wat rondom jou lê.
Boer Soek n Vrou Boer Theunis

Boer Theunis se pasmaats

Bly 'n rukkie langer

Die lewe is ’n lied deel 1 – Boer soek ’n vrou 12

00:00:57
Kyk hier na die eksklusiewe, volledige weergawe van #BoerTheunis se liedjie.
Die lewe is ’n lied deel 1 – Boer soek ’n vrou 12 Image : 9354