Logo
web uni tv guide

Boer Soek 'n Vrou

144RealiteitPG13

#BoerRichann

Boer Richann

OUDERDOM: 29

KINDERS: Geen

KWALIFIKASIE: B Comm Graad

BOERDERY: Skilderbokke

AREA: Vredefort, Vrystaat

HUISTAAL: Afrikaans 

HUWELIKSTAAT: Ongetroud

RICHANN IS OPSOEK NA:

Aantreklik, liefdevol, hardwerkend, selfstandig, kreatief en gedrewe. Goeie waardes is ook vir my baie belangrik. Dit is nie nodig dat mens presies dieselfde belangstellings moet hê nie, maar definitief genoeg oorvleuling om goed saam te kan geniet. Ek dink die eenvoudigste opsomming is ‘n mooi mens met ‘n mooi hart.

LEWENSKETS EN BELANGSTELLINGS:

Musiek, boerdery, liedjies skryf, musiekproduksie en videografie. Ek is ‘n vriendelike persoon wat oor die algemeen baie maklik met mense oor die weg kom. Vir my is daar niks lekkerder as kuier om die vuur saam met goeie vriende en familie nie. Ek sukkel nie om die positiewe raak te sien in slegte situasies nie. Ek pak ook alles wat ek doen met ‘n positiewe gesindheid aan. Ek is definitief ‘n groot dromer met baie planne vir die toekoms. My grootste stokperdjie is musiek. Ek skryf en vervaardig musiek in ‘n klein “home studio” op die plaas. Alhoewel jy dalk nog nooit van my gehoor het nie is die kanse goed dat jy al van my musiek gehoor het op televisie en die radio. Ek was selfs al gelukkig genoeg dat een van my produksies in ‘n kykNet lewensstyl advertensie gebruik was. Ek is nie bang vir die onbekende nie en glo dat elke mens se pad klaar vir hom uitgelê is. Boerdery het definitief ‘n interessante manier om jou op jou knieë te bring en te besef dat jou tyd nie altyd God se tyd is nie.

LESSE UIT VORIGE VERHOUDINGS:

Verhoudings beteken opoffering. Hoe sterker die gevoel, hoe makliker die opoffering. Ek sal nie sê dat vorige verhoudings jou help om te besef presies wat jy wil hê nie, maar jou eerder 'n goeie idee gee van wat jy nie wil hê.

BESTE EIENSKAPPE:

  1. Vriendelikheid
  2. Opregtheid
  3. Veelsydigheid

SLEGSTE EIENSKAPPE:

  1. Ek kan hardkoppig wees.
  2. Ek vat kritiek heel persoonlik op. 
  3. Ek mute graag 'n whatsapp group.

IS JY ROMANTIES? WAT IS JOU IDEALE ROMANTIESE AFSPRAAK? 

Ek geniet 'n romantiese afspraak baie. 'n Vuurtjie onder die sterre met so bietjie Lord Huron wat in die agtergrond speel op 'n koue aand... So maklik soos dit haha.

8
4
2