Logo
web uni tv guide

Boer Soek 'n Vrou

144RealiteitPG13

#BoerMarthinus

Boer Marthinus

OUDERDOM: 25

KINDERS: Geen

KWALIFIKASIE: B.Com Landbou Ekonomie

BOERDERY: Gemengde boerdery

AREA: Arlington, Vrystaat

HUISTAAL: Afrikaans

HUWELIKSTAAT: Ongetroud

MARTHINUS IS OPSOEK NA:

'n Aantreklike, ambisieuse en selflose vrou met dieselfde geloofsoortuigings as ek. Wat met my familie en vriende kan oor die weg kom en oop sal wees vir nuwe uitdagings; soos reis. Sy moet in staat wees om 'n lewe op die plaas te bou. Sy moet my ander helfte wees en my onvoorwaardelik kan liefhê.

LEWENSKETS EN BELANGSTELLINGS:

Van kleins af het ek 'n passie gehad vir boer, en stel veral belang in saaiboerdery. Ek is 'n oop boek. Wat jy sien; is wat jy kry. My vriende sal my beskryf as 'n mense-mens, hulle vrouens as 'n sagte, onbaatsugtige vriend. Ek is 'n gedrewe, ambisieuse man, met 'n sterk persoonlikheid – ek hou daarvan as dinge gebeur, en reg gebeur. Ek is 'n ernstige mens maar kan ook die ligter kant van die lewe sien en waardeer. My stokperdjies sluit in onder andere motorfietsry, jag, oefen en samesyn met vriende.

LESSE UIT VORIGE VERHOUDINGS:

Dat dieselfde geloofsoortuigings belangrik is.
Om mekaar wederyds te kan ondersteun en aan te moedig wanneer dit nodig is.
Moet nooit verander om in te pas by die ander persoon nie, behou altyd jou eie identiteit in 'n verhouding. Sy moet my honde aanvaar, hulle was voor jou hier en die twee is my familie.

BESTE EIENSKAPPE:

  1. Ek is intelligent.
  2. Ek is goed afgerond.
  3. Ek het 'n goeie humorsin.

SLEGSTE EIENSKAPPE:

  1. Ek is soms ongeduldig.
  2. Ek is baie verstrooid.
  3. Ek is "set in my ways".

IS JY ROMANTIES? WAT IS JOU IDEALE ROMANTIESE AFSPRAAK:

Ja, ek sien myself as romanties. My ideale romantiese afspraak kan beste beskryf word met 'n greep uit die film 'Out of Africa' waar hulle met 'n glas wyn by 'n tafel sit en mekaar se geselskap geniet in die middel van die ongerepte wildernis.

1
5
6