Logo
web uni tv guide

Boer Soek 'n Vrou

144RealiteitPG13

#BoerGraham

OUDERDOM: 26
KINDERS: Geen 
KWALIFIKASIE: B.Ing (Siviel)
BOERDERY: Melkboerdery 
AREA: Cradock, Oos-Kaap
HUISTAAL: Afrikaans 
HUWELIKSTATUS: Ongetroud 
LENGTE: 1.84 m

GRAHAM IS OPSOEK NA:
Ek dink nie daar is net een soort vrou vir my nie, maar ek het wel ’n paar eienskappe waarvan ek hou. Sy moet ’n bok vir sports wees. Sy moet ’n kind van God wees. Sy moet haar eie drome en opinies hê. Sy moet lag.

LEWENSKETS EN BELANGSTELLINGS:
Ek is ’n plattelandse ou wat die groot stad van Stellenbosch aangepak het met die hoop om my hoofvak “trouvrou vang” te slaag. Toe moes ek settle vir ’n Ingenieursgraad. Ek is ’n gemaklike ou en hou van die buitelewe. Ek hou van boer, jag, gholf en is ’n kranige saalperdruiter.

LESSE UIT VORIGE VERHOUDINGS:

  • Al wanneer jy werklik liefde gaan kry is wanneer altwee mense alles gee,
  • Jy moet mooi kyk wie jy vertrou,
  • As mens lekker kan lag is dit 'n goeie begin.

BESTE EIENSKAPPE:

  • Ek glo in harde werk,
  • Ek sien maklik die beste in mense raak,
  • Ek maak maklik vriende.

SLEGSTE EIENSKAPPE:

  • Ek maak te maklik oop en vertrou te maklik,
  • Ek is baie hard op myself,
  • Ek sê moeilik nee.

IS JY ROMANTIES? WAT IS JOU IDEALE ROMANTIESE AFSPRAAK? 
Almal het seker maar ’n bietjie romanse in hulle. Is dit romanties as almal daarvan weet?

Graham 2

Boer Graham se pasmaats

Hey jou lekker boer!

Die lewe is ’n lied deel 4 – Boer soek ’n vrou 12

00:01:28
Kyk hier na die eksklusiewe, volledige weergawe van #BoerGraham se liedjie.
Die lewe is ’n lied deel 4 – Boer soek ’n vrou 12 Image : 9357