Logo
web uni tv guide

Boer Soek 'n Vrou

144RealiteitPG13

#BoerDamian

OUDERDOM: 37
KINDERS: Geen kinders
KWALIFIKASIE: Matriek
BOERDERY: Skaap- en beesboerdery
AREA: Bapsfontein, Gauteng
HUISTAAL: Afrikaans
HUWELIKSTATUS: Ongetroud
LENGTE: 1.76 m

DAMIAN IS OPSOEK NA:
Iemand wat boerdery sal kan verstaan, asook saam met my op die plaas sal wil bly, en ’n lewe saam wil opbou. Ek dink nie dis vreeslik maklik om ander gay ouens te kry wat in boerdery belangstel nie.

LEWENSKETS EN BELANGSTELLINGS:
Plat op die aarde ou, wat hou van vriende, musiek maak, ens. Musiek is ’n groot deel van my lewe, en baie van my vriende is ook musikaal, en daarom speel dit ’n groot rol in my lewe. Godvresend, en gelowig. Buitelewe is deel van my daaglikse lewe, en daarom is ek mal daaroor, selfs op vakansie sal ek wil wegraak op stil, klein verlate dorpies.

LESSE UIT VORIGE VERHOUDINGS:
Om elke liewe dag wakker te word, en te besluit: Vandág sal ek jou liefhê, en my beste gee vir óns. Mens kyk partykeer die klein goedjies mis, inplaas van om dit te waardeer, en om te wys mens waardeer dit.

BESTE EIENSKAPPE:

  • Geduld,
  • Eerlikheid (al is dit tot my eie nadeel),
  • Deursettingsvermoë.

SLEGSTE EIENSKAPPE:

  • Soms n swak selfbeeld,
  • Vertrou te maklik, 
  • Kan soms nie nee se nie.

IS JY ROMANTIES? WAT IS JOU IDEALE ROMANTIESE AFSPRAAK? 
Ja. Iewers voor n kaggelvuur, op n klein, verlate plekkie, in die stilte, alleen, saam met iemand waarvoor jy omgee.

Damian 2

Boer Damian se pasmaats

Iemand om te bly

Die lewe is ’n lied deel 3 – Boer soek ’n vrou 12

00:01:30
Kyk hier na die eksklusiewe, volledige weergawe van #BoerDamian se liedjie.
Die lewe is ’n lied deel 3 – Boer soek ’n vrou 12 Image : 9356