Logo

Boer Soek ’n Vrou: Tjeers op seisoen 10!

Nuus
25 Januarie 2018
Al 10 boere het vandeesweek bymekaar gekom om seisoen 10 af te sluit.
BSV-Reunie-Minki

Aanbieder Minki Joubert. FOTO: Verskaf

Aan die einde van seisoen 10 staan dinge só: Drie boere het liefde gevind, een boer het ’n hegte vriendskap opgebou en die res is vol hoop oor wat die toekoms inhou.

Al tien boere is vandag vir die eerste keer bymekaar, en deel vakansie-stories en ander staaltjies by die mooie Devon Valley-hotel op Stellenbosch.

Die boere en dames het verlede week uitgespan in Mosambiek! Het jy dit misgeloop? Lees dan hier!

Willie het nie genoeg briewe ontvang om onder die top-vyf te wees nie, maar het vandag ’n blondine langs hom. Johanné (ook van Viljoenskroon) het die boer op TV gesien, hom later in Potchefstroom raakgeloop en dadelik herken, en met hom begin gesels. Die boer sê hy het haar nog nie amptelik uitgevra nie, maar “daar is ’n plan.”  

Ruan en Bianca is hier as vriende, en Bianca sê sy het “a friend for life” bygekry. Ruan sê: “Ons praat gereeld en ons is baie oop met mekaar.

“Ons sal vir mekaar sê as ons iemand ontmoet.”

Heleen deel haar gedagtes: “Die beste huwelike word gebore uit mense wat eers vriende is.”

Stoffel sê “dis hulle besigheid”, maar hy dink Ruan en Bianca sal ’n goeie paartjie maak.

Ruan spot en sê Jacques en Corné lieg as hulle sê hulle is net vriende. “Vriende hou nie mekaar vas en ‘engel’ mekaar en gee drukkies en soentjies nie,” lag hy.

Jacques sê: “Ons geselskap raak nie op vir mekaar nie. Ons raak nie moeg vir mekaar nie.”

Adriaan, Braam, Jacques, Willie en die dames gesels oor vriendskap, verhoudings en die pad vorentoe. Kyk:

Minki sê vir Adriaan en Helene: “As ek na julle kyk wil ek net glimlag!”

Die boer sê hy en Helene het mekaar baie vinnig “op ’n dieper vlak” leer ken – iets wat die hele proses aangehelp het.

KYK: Dinge werk uit soos dit moet, of hoe? Só gesels dié boere en dames oor liefde en vriendskap.

Braam, Carl, Eben, Johan, Heleen en Stoffel is vandag sonder ’n maat by die byeenkoms.

Stoffel meen die Boer Soek ’n Vrou-proses het hom gehelp om uit sy dop te kruip. Hy het drie van sy briefskrywers ontmoet en hoewel hy nie ’n “spark” gevoel het nie, gaan hy vorentoe moeite doen om meer dames te leer ken.

KYK: Minki loer in by Braam, Stoffel, Eben, Carl en Heleen.

Eben het ’n ernstige verhouding met ’n dame wat vir hom geskryf het aangeknoop, maar dinge het nie vir hulle uitgewerk nie.

Eerlikheid is noodsaaklik, sê Braam, wat enkellopende boere aanmoedig om vir die volgende seisoen van Boer Soek ’n Vrou in te skryf. Hy dink hy het nou baie meer selfvertroue.

Hubare boere, skryf nóú in vir seisoen 11! Kliek hier vir die inskrywingsvorm.

Dié boere het dalk nie liefde gevind nie, maar is nogtans vol hoop oor wat die toekoms inhou. Kyk:

Johan vertel hy het besef “God is betrokke” en dat sekere dinge met hom móés gebeur het, al het hy “niks verstaan nie.”

Hy meen “daar is iemand op die horison.”

KYK: Só lyk toekoms vir Johan

Dan stel Minki ’n heildronk in op seisoen 10, en neem hiermee ook afskeid: Sy wil voortaan meer tyd by die huis saam met haar gesin spandeer.

“Baie, baie dankie vir ’n ongelooflike twee jaar met herinneringe wat ek vir altyd na aan my hart sal dra”.

KYK: Seisoen 10 was ongetwyfeld #GroterBeterBoer! Ons groet die boere, maar ook vir Minki.

Minki kyk terug op twee besondere jare vol kinkels en opwinding. Kyk die video:

Dankie aan al ons kykers vir die saamkyk en ondersteuning! Volg ons op FacebookTwitter en Instagram, en gesels saam by #GroterBeterBoer en #BoerSoeknVrou.