Logo

Boer Soek ’n Vrou: Ken sy haar boer?

Nuus
28 November 2017
Die dames is op pad plaas toe, maar watter een van die drie ken werklik die boer beter?

Het die dames opgelet gedurende hul blitsafsprake en aktiwiteite? Ons het al 15 dames uitgevra om uit te vind hoe goed hulle hul gekose boer ken. 

Braam

Braam nooi vir Anene, Janine en Yola plaas toe.

  1. Aan wie is Braam die naaste?
    1. Braam: “Ek sou nie sê ek is nader aan my ma of pa nie. Ons is ’n baie close familie. Ons probeer om niemand voor te keur nie. Maar miskien my pa, want ons praat baie oor boerdery – maar dis nie ’n geval van ek hou minder van my ma of my pa nie…”
    2. Anene: “Sy pa. Hy lyk nie soos ’n momma’s boy nie…”
    3. Janine: “Sy ma, want mans is gewoonlik nader aan hul ma, en hy lyk na iemand wat na aan sy ma is. Hy’t goeie maniere…”
    4. Yola: “Sy pa. Hulle boer saam en spandeer baie tyd saam.”
       
  2. Hoeveel kinders is julle?
    1. Braam: “Ons is twee – ek en my suster.”
    2. Anene: “Ek dink hulle is twee kinders…”
    3. Janine: “Twee.”
    4. Yola: “Hulle is twee kinders. Hy’t net ’n ouer suster.”
       
  3. Dink jy Braam is die oudste of jongste kind
    1. Braam: “Ek is die jongste kind.”
    2. Anene: “Ek dink hy het ’n ouer broer. Hy is die baba in die familie.”
    3. Janine: “Ek dink hy’s die jongste, want sy suster het al kinders het ek op Facebook gesien.”
    4. Yola: “Die jongste. Hy het gesê hy’t ’n ouer suster.”
       
  4. Vir wie dink jy is Braam die bangste – sy ma of sy pa?
    1. Braam: “Ek is nie bang vir my pa of my ma nie, want ek kan baie vinnig hardloop.”
    2. Anene: “Ek dink hy is bang vir sy ma. Ek dink wel hy en sy pa het ’n baie goeie verhouding.”
    3. Yola: “Vir sy ma.”
       
  5. Wie het Braam laaste gebel na die aktiwiteite en afsprake?
    1. Braam: “Ek het niemand gebel nie. Ek het my beste pel gekontak. Ons praat oor alles. En jy kan nou nie dié tipe goed met jou ouers deel nie. [Ek en my pel] deel alles met mekaar.”
    2. Anene: “Sy vriend. Dis lekker om goed met jou virende te deel. Ek dink hulle is meer opgewonde vir jou.”
    3. Janine: “Sy pa, want hy werk saam met sy pa, so dis sy pa en sy baas.”
    4. Yola: “Hy het sy suster gebel, want ek dink hy is baie na aan sy suster.”

Jacques:

Jacques nooi vir Danél, Melandri en Corné plaas toe, maar watter een van dié dames is sy pasmaat? Ons het hulle vasgevra om te probeer vasstel by wie hy sal pas.

  1. Watter troeteldier het Jacques? 
    1. Jacques: “My troeteldier is ’n hond. ’n Boerboel.”
    2. Melandri: “Ek dink hy’t ’n skaaphond.”
    3. Corné: “’n Hond. Dalk ’n boerboel.”
    4. Danél: “’n Hond. ’n Bullmastiff.”
       
  2. Is Jacques ’n Ford-, John Deere- of ’n Massey Ferguson-tipe-van-man?
    1. Jacques: “John Deere.”
    2. Melandri: “John Deere.”
    3. Corné: “John Deere.”
    4. Danél: “Land Cruiser – hy boer met skape!”
       
  3. Wat is Jacques se gunsteling-drankie?
    1. Jacques: “Whiskey en water.”
    2. Melandri: “Bier.”
    3. Corné: “Whiskey en water.”
    4. Danél: “Bier.”
       
  4. Tjops of boerewors – wat verkies Jacques?
    1. Jacques: “Tjops.”
    2. Melandri: “Ek dink tjops.”
    3. Corné: “Ek dink hy’s mal oor tjops.”
    4. Danél: “Definitief tjops.”
       
  5. Hoeveel suiker drink Jacques in sy koffie/tee?
    1. Jacques: “Ek drink geen suiker.”
    2. Melandri: “Ek dink hy drink twee suiker.”
    3. Corné: “Ek dink nie hy drink suiker nie.”
    4. Danél: “Ek dink twee.”

Ruan

Lucinda, Marica en Bianca is op pad na Ruan se plaas toe. Het hulle dié boer goed genoeg leer ken?

  1. Aan wie is Ruan die naaste?
    1. Ruan: “My ma. Ek en my ma het ’n baie emosionele verhouding met mekaar. Ek en my pa het ’n baie goeie verhouding. Maar my en my ma se verhouding is baie meer emosioneel.”
    2. Lucinda: “Hy’s nader aan sy ma.”
    3. Marica: “Sy ma. Hy lyk vir my na ’n momma’s boy.”
    4. Bianca: “Sy ma. Hy lyk vir my bietjie soos ’n momma’s boy.”
       
  2. Is Ruan die oudste of jongste?
    1. Ruan: “Ek is die oudste kind.”
    2. Lucinda: “Hy’s die oudste.”
    3. Marica: “Hy’s die oudste.”
    4. Bianca: “Die oudste. Hy lyk verantwoordelik.”
       
  3. Vir wie dink jy is Ruan die bangste – sy ma of sy pa?
    1. Ruan: “Vir my pa. My ma is eintlik die kwaaier een, maar when push comes to shove is my pa die een wat reageer. En ek is bang vir hom.”
    2. Lucinda: “Ek sal sê hy’s die bangste vir sy pa.”
    3. Marica: “Sy ma. Ek weet nie of sy ’n kwaai tannie is nie.”
    4. Bianca: “Sy pa. Ek dink almal is ’n bietjie banger vir hul pa.”
       
  4. Wat is die laaste oproep wat Ruan gemaak het?
    1. Ruan: “My ma.”
    2. Lucinda: “Ek dink die laaste oproep wat hy gemaak het was na iemand toe op die plaas, want hulle is besig om te plant as ek reg onthou.”
    3. Marica: “Sy nefie, ek dink hulle is baie close.”
    4. Bianca: “Vir Minki. Ek dink hy was bang. Dalk het hy haar gevra wat hy moet doen.”
       
  5. Hoeveel kinders is hulle?
    1. Ruan: “Ons is vier kinders – ek is die oudste, en dan het ek twee jonger sussies. My broer is die jongste.”
    2. Lucinda: “Ek dink hulle is vier kinders.”
    3. Marica: “Vier kinders.”
    4. Bianca: “Drie. Ek het hulle bietjie gestalk op Facebook.”

Kyk ook die video hier onder:

Johan

Johan nooi vir Marinda, Marita en Marilyn plaas toe. Ons het hulle ’n paar blitsvrae gevra.

  1. Watter troeteldiere het Johan?
    1. Johan: “Ek het twee Boston Terriers.”
    2. Marinda: “Twee Boston Terriers, waarvoor hy baie lief is.”
    3. Marita: “Boston Terriers. Ek het in sy video gesien.
    4. Marilyn: “Hy’t honde.”
       
  2. Hoe groot is Johan se skoene?
    1. Johan: “Ek dra ’n nommer sewe as dit ’n groot nommer is, en agt as dit ’n klein nommer is.”
    2. Marinda: “Ek vermoed hy dra dalk ’n nege tot ’n twaalf.”
    3. Marita: “Ek dink ’n nege.”
    4. Marilyn: Hy’s lank, so tien teen een ’n tien of ’n elf.”
       
  3. Wat is Johan se gunsteling-drankie?
    1. Johan: “Rooiwyn.”
    2. Marinda: “Dit mag dalk rooiwyn of whiskey wees.”
    3. Marita: “Ek weet nie, maar ek sal sê ’n glas rooiwyn.”
    4. Marilyn: “Ek dink seker whiskey.”
       
  4. Wat is Johan se gunsteling snit beesvleis?
    1. Johan: “Sirloin.”
    2. Marinda: “Ek dink dalk goulash.”
    3. Marita: “Fillet.”
    4. Marilyn: “Rump.”
       
  5. Hoeveel suiker drink Johan in sy koffie/tee?
    1. Johan: “Ek drink geen suiker nie.”
    2. Marinda: “Ek dink nie hy drink suiker in sy koffie nie.”
    3. Marita: “Een.”
    4. Marilyn: “Twee of drie. Ek sal gaan met twee.”

Adriaan:

Anzelle, Helene en Danelle kom saam plaas toe, maar wie is Adriaan se trouvrou? Ons het bietjie uitgevis.

  1. Hoeveel kinders wil Adriaan hê?
    1. Adriaan: “Ek wil drie kinders hê.”
    2. Anzelle: “Hopelik so drie of vier.”
    3. Helene: “Ek dink hy wil soveel kinders hê soos wat sy ouers kleinkinders wil hê. Dit is meer interessant.”
    4. Danelle: “Drie of vier, want ek dink dit is nie te veel en ook nie te min nie.”
       
  2. Wat is Adriaan se verskuilde talent?
    1. Adriaan: “Ek is baie lief vir kosmaak.”
    2. Anzelle: “Dalk sing hy in die stort?”
    3. Helene: “Ek dink hy kan goed dans, want hy’s lank.”
    4. Danelle: “Ek dink daar moet iets musikaal wees – een of ander instrument. My gut-feeling sê vir my so.”
       
  3. Wat is Adriaan se skoengrootte?
    1. Adriaan: “Nege.”
    2. Anzelle: “As jy kyk hoe lank hy is sal ek se so 9 of tien.”
    3. Helen: “Ek dink hy dra ’n nommer tien – ek dink hy’t groot voete…”
    4. Danelle: “Ek dink hy dra ’n nege of ’n agt, want hy’s lank, so ek dink selfs ’n tien.”
       
  4. Watter superheld sal Adriaan wil wees?
    1. Adriaan: “Ek weet nie of bestaan hy nie. Een wat al die werk op die plaas vir my kan doen.”
    2.  Anzelle: “Hulk, omdat hy so besig op die plaas is.”
    3. Helene: “Ek dink hy sal Spiderman wil wees, want mense wat lank is, is gewoonlik bietje lomp, en Spiderman is gewoonlik agile.”
    4. Danelle: “Ek dink Spiderman, want Spiderman kan sy web uitskiet en swing. Dis oulik.”
       
  5. Wat dink jy is Adriaan se gunsteling drankie?
    1. Adriaan: “Whiskey en water.”
    2. Anzelle: “Definitief ’n bier, want die boere is mos mal oor bier.”
    3. Helene: “Hy lyk vir my soos ’n bierdrinker, want mense wat whiskey drink se gesigte is rooier.”
    4. Danelle: “Bier, want hy lyk soos ’n bier-mens.”

Donderdag om 20:00 gaan die boere se drie gekose dames plaas toe! Volg ons op FacebookTwitter en Instagram, en gesels saam by #GroterBeterBoer en #BoerSoeknVrou