Logo

Boer Soek ’n Vrou: Gerrie en Carna verwag babadogtertjie!

Nuus
22 Mei 2017
Boer Soek ’n Vrou se Gerrie en Carna het dit bekendgemaak dat hul ’n babadogtertjie verwag.
Boer Soek n Vrou_Gerrie en Carna

Foto deur Cindy Louwrens

Boer Soek ’n Vrou se Gerrie en Carna verwag ’n babadogtertjie! Carna, wat vir Gerrie tydens Boer Soek ‘n Vrou seisoen sewe ontmoet het, het dié nuus Maandag op Instagram aangekondig en gesê: “Vir jou is ons al klaar so lief kleine dogtertjie.

Die paartjie het onlangs op die Kwêla-bank gekuier om oor die sielkunde van liefde op realiteitsprogramme te gesels. Ons het met hulle agter die skerms gesels oor onder meer die sukses van ’n gelukkige huwelik – kyk die video hier onder.

LEES: Carna oor haar swangerskap, en wat voorlê vir die gesin.

Baie geluk, Gerrie en Carna! Die kykNET- en Boer Soek ‘n Vrou-span is baie opgewonde saam met julle!

Inskrywings vir die tiende seisoen van Boer Soek ‘n Vrou sluit Vrydag, 26 Mei om 00:00