Logo
web uni tv guide

Arendsvlei

145Telenovela13

Rus in vrede, David Abrahams – Arendsvlei

Nuus
05 Desember 2018
Lees geliefdes se boodskappe aan hom.
Rus in vrede, David Abrahams – Arendsvlei

Die dood van David Abrahams, Arendsvlei se prinsipaal, het skokgolwe deur die gemeeskap gestuur. Sy dood het reuse gevolge op die skool en affekteer almal wat na aan hom was.

Sy dood word diep betreur deur sy vrou, Beatrice Abrahams, en sy dogter Samantha.

Hoewel sommiges sukkel om sy dood te aanvaar, glo ons dat sy siel nou uiteindelik rus sal vind.

Sy geliefdes het vir hom dié boodskappe gelaat:

Beatrice Abrahams: 
“Aan my vriend, my lewensmaat en pa van ons kind. Ek sal jou nooit vergeet nie. Geen woorde kan my verlies beskryf nie. Ek weet die son sal weer opkom, maar vir nou kan ons die trane nie keer nie. Lief vir jou.”  

Samantha Abrahams: 
“Deddie jy's my rots, my alles. Ek mis jou elke minuut van die dag. Die wêreld is koud en eensaam sonder jou. Niemand kan jou plek in my hart inneem nie. Ek wens Deddie was nog hier.” 

Ruiter Abrahams: 
“In liefdevolle herinnering aan my seun, David. Rus sag in die arms van die Heer.” 

Gertie Cupido: 
“Aan my skoonseun, David, jy het seer sekerlik jou merk gelaat. Dankie vir jou bydrae tot die skool en ons lewens. Ons kan jou nie vergeet nie.”

Wendy Newman: 
“My dierbare David, jy weet hoe ek oor jou gevoel het Dit sal nooit verander nie. As ons dit alles kon oordoen, sou ek. Rus sag ou vriend.” 

Met een hoofstuk wat tot ’n einde kom, begin die volgende – moenie ’n oomblik misloop nie.

Vind uit wat gebeur volgende Maandae tot Woensdae om 20:00 slegs op DStv-kanaal 145 (omnibus: Sondae vanaf 16:00). Volg ons op Twitter, Facebook en Instagram, en gesels saam met die hutsmerk #Arendsvlei.