Logo
web uni tv guide

Afskaal

145DokumentêrPG13L

Afskaal-deelnemer spog met gesonder leefstyl

Nuus
19 Maart 2020
Die gewilde kykNet-reeks Afskaal het onlangs tot ’n einde gekom en een van die deelnemers, Hennie, kan nie ophou glimlag nie.
Afskaal Presser

En hy was nie eers die wenner van die reeks nie! Die rede vir sy glimlag?

Sy nuwe gesonder leefstyl – en die feit dat hy – vandat hy Slender Wonder begin gebruik het, 53,1 kg verloor het.

Hennie is 30 jaar oud, getroud met Karen en is die pa van Esmé (drie jaar oud) en Heinrich (ses jaar oud). Toe hy ingeskryf het vir Afskaal, was sy hoofrede dat hy “weer kan beweeg en met my kinders kan speel.” Dit komende van ’n man wat erken hy was vir die grootste deel van sy lewe oorgewig. Hy het reeds op sy 21ste verjaarsdag 102 kg geweeg en oor die jare het dit toegeneem na die 149,1 kg wat hy geweeg het aan die begin van Afskaal. Sy doel gewig vir Afskaal was om 110 kg te weeg. Maar aan die einde van die reeks, kon hy spog met ’n gewig van 106,3 kg.

Nou, na ’n verdere paar weke, weeg Hennie slegs 96 kg. Nie net kan Hennie nou gemaklik met sy kinders speel nie, maar die kans is goed dat sy energievlakke hulle s’n kan verbysteek! En dit alles omdat hy besluit het hy wou graag aangaan met die dieet wat hy gevolg het, al was hy nie van plan om dit streng na te volg nie.

Hennie sê dit was eintlik heel maklik. Hy beplan sy kos inname vir die dag, dus weet hy presies wat en hoeveel hy gaan eet. Te danke aan Afskaaen Slender Wonder, verstaan hy ook die belangrikheid van gebalanseerde maaltye beter en hy gebruik dit as sy riglyn.

Sal hy dus Slender Wonder aanbeveel? “Beslis... dis nie net ’n dieet nie, dis ’n leefstyl wat met min inspanning gemaklik gevolg kan word,” antwoord hy.

Het hy enige raad aan mense wat inspirasie put uit sy storie? “Die moeilikste van alles was om die tyd te kry om te oefen. Ons is altyd so besig, maar ek het eenvoudig gaan sit en ’n rooster uitgewerk van wanneer ek wat gaan doen en dit het dinge aansienlik makliker gemaak.” Sy ander stukkie advies is om te begin verstaan en glo dat 500 g van iets hier en 500 g van iets daar nie net klein hoeveelhede is wat nie werklik ’n verskil gaan maak nie. Dit doen. Alles dra by tot die gewig wat die skaal vir jou gaan wys. “Nou moet hy nog net sy gesin oortuig om sy gesonder eetgewoontes aan te leer,” glimlag hy.

Vir meer inligting oor Slender Wonder en om ander suksesverhale te lees, besoek gerus Slender Wonder se webwerf.