Logo

Silwerskermfees bepalings en voorwaardes (kortfilms):

Jou deelname aan die uitnodiging om in te skryf, geld as ’n bindende aanvaarding van die reëls en regulasies soos hieronder vervat: 

  1. Voorleggings moet kykNET óp of vóór 23 Maart 2018 bereik. 
     
  2. Voorleggings wat nie aan die voorleggingsvereistes voldoen nie, sal nie aanvaar word nie. 
     
  3. Voltooi asseblief slegs die aanlyn-aansoekvorm indien jy na behore gemagtig is om die voorstel in te dien en die mees geskikte persoon vir die organiseerders is om te kontak in verband met die voorlegging.
     
  4. Alle kommunikasie moet duidelik gemerk word met die titel van die prent as verwysing.
     
  5. Met bevestiging dat jou kortfilmvoorstel gekies is as een van die 20 kortfilm waarvoor M-Net gaan opdrag gee, sal daar van jou verwag word om M-Net se standaard-opdraggewende kontrak vir sodanige kortprent te teken. In ’n geval waar die partye nie kan ooreenkom op die terme van sodanige ooreenkoms nie, hou M-Net die reg voor, in geheel na sy eie goeddunke, om nie opdrag te gee vir die vervaardiging van die kortprent gebaseer op jou konsepvoorstel nie. Om enige twyfel uit die weg te ruim, stem jy daartoe in dat die kopiereg en alle ander intellektuele eiendomsreg in die kortfilm wat vervaardig is kragtens paragraaf ses eksklusief by M-Net sal berus. 
     
  6. Geen aansoeke en materiaal wat aangestuur word vir M-Net se onkoste sal aanvaar word nie. 
     
  7. Filmmakers wat in ’n vorige jaar deurgedring het na die produksierondte in die kapasiteit van draaiboekskrywer, of regisseur, mag nie weer in daardie selfde kapasiteit deelneem aan ’n voorgelegde projek nie.
     
  8. Filmmakers wat reeds twee keer deurgedring het na die produksierondte in die kapasiteite van draaiboekskrywer en regisseur mag nie weer deelneem aan ’n voorgelegde projek in een van daardie kapasiteite nie.
     
  9. Indien ’n filmmaker reeds twee keer deurgedring het na die produksierondte in twee vorige jare as skrywer of regisseur, mag hulle wel deelneem aan ’n voorgelegde projek as ’n vervaardiger, of lid van die produksie- of verfilmingspan.
     
  10. Hy aanvaar ook dat:
    1. geen kontantborge vir ’n Silwerskerm-kortfilm sal aanvaar word nie;
    2. alle ruiltransaksies op die Silwerskerm-kortfilmprojek moet goedgekeur word deur M-Net voor 4 Junie 2018.
       
  11. M-Net sal uitsluitlik ’n keurkomitee aanstel om die ingediende voorstelle te beoordeel en om in die komitee se uitsluitlike diskressie, die beste kortfilmvoorleggings vir opdraggewing deur M-Net te kies. Die keurkomitee sal deur M-Net aangestel word en die besluit wat deur die komitee gemaak word met betrekking tot die verkose voorleggings sal finaal wees. Geen verdere korrespondensie sal in dié verband gevoer word nie. Die besluit oor die maksimum hoeveelheid van die beste kortfilmkonsepte berus uitsluitlik by M-Net. 
     
  12. Die geslaagde aansoeke van die kortfilmkonsepte sal op 15 Mei 2018 op www.kyknet.co.za aangekondig word en die verskeie persone sal via e-pos in kennis gestel word. Geslaagde konsepte moet in Afrikaans vervaardig word.
     
  13. Die vertoning van die kortfilms waarvoor daar opdrag gegee is, sal geskeduleer word na goeddunke van M-Net gedurende die Silwerskermfees vanaf 22 tot 25  Augustus 2017.
     
  14. Aansoekers moet burgers van die Republiek van Suid-Afrika wees ten tye van die indiening van die kortfilmvoorstelle.
     
  15. Aansoekers jonger as 18 jaar moet skriftelike toestemming van hul ouers of voogde kry voordat hulle kan inskryf.
     
  16. Dit is jou verantwoordelikheid om seker te maak dat jou aansoek op die uitnodiging aan deelname ons voor die sluitingsdatum bereik. Enige aansoeke wat ons na die sluitingsdatum bereik, sal nie in aanmerking kom nie, ongeag die rede vir die laat aansoek. 
     
  17. M-Net en sy geaffilieerde maatskappye is nie verantwoordelik vir enige voorstelle/aansoeke wat nie deur M-Net ontvang is nie, hetsy betyds of nie en ongeag die rede daarvoor. M-Net en sy geaffilieerde maatskappye is nie verantwoordelik vir enige probleme of tegniese foutwerking van enige telefoonnetwerke of -lyne, rekenaar-aanlynstelsels, rekenaarbedieners of -verskaffers, rekenaarhardeware- of sagtewareprobleme, verkeerskongestie (hetsy fisies of op die internet, telefoonlyne, of enige ander diensverskaffer, webwerf of enige ander toestel of medium), of enige kombinasie daarvan, of enige ander tegniese of ander probleme nie. 
     
  18. M-Net en sy geaffilieerde maatskappye is nie verantwoordelik vir enige skade aan jou of enige ander persoon se rekenaar, selfoon of enige ander toestel wat deur jou gebruik word om in te skryf of om enige materiaal te bekom wat verband hou met jou aansoek nie.
     
  19. Dit is jou verantwoordelikheid om seker te maak dat enige inligting wat jy aan ons voorsien korrek, volledig en op datum is. 
     
  20. M-Net en sy geaffilieerde maatskappye is nie verantwoordelik vir enige foute en/of weglatings in enige inligting ingedien in reaksie op die uitnodiging tot deelname nie. 
     
  21. M-Net en sy geaffilieerde maatskappye is nie verantwoordelik vir, en verwerp alle aanspreeklikheid vir, enige verlies, aanspreeklikheid, besering, uitgawe of skade (hetsy regstreeks, nie-regstreeks, toevallig, bestraffend of voortspruitend) van enige aard, hetsy weens nalatigheid of enige ander oorsaak, wat jy, of jou vennoot (waar van toepassing) mag ly uit jou aansoek in reaksie op die uitnodiging tot deelname, of weens enige optrede deur ons of ons geaffilieerde maatskappye in ooreenstemming met die reëls en die regulasies. 
     
  22. M-Net en sy derde party-verskaffers, soos die geval mag wees, behou hom die reg voor om dié uitnodiging tot deelname/of enige aspek daarvan aan te pas, uit te stel, te staak of te kanselleer vir welke rede M-Net dit ook al mag nodig ag. Ingevolge sodanige aanpassing, uitstelling, staking of kansellasie, stem jy daartoe in om afstand te doen van enige regte, belange en verwagtinge wat jy mag hê ten opsigte van die uitnodiging tot deelname en jy erken dat jy geen regres het teen ons, ons geaffilieerde maatskappye en derde party-verskaffers nie. 
     
  23. As jy, of jou vennoot (indien van toepassing), in gebreke bly om aan enige van die reëls of regulasies te voldoen, behoudens enige ander regsmiddel wat ons mag hê, sal:
    1. jy outomaties gediskwalifiseer word;
    2. jy ons vergoed vir enige verlies of skade wat regstreeks of nie-regstreeks deur ons gely word weens jou (of, indien van toepassing, jou vennoot) se verontagsaming van die ooreenkoms, insluitend al ons regskoste (insluitend prokureurs- en eie-kliëntkoste) wat ons ons op die hals mag haal in enige stappe wat geneem moet word weens jou (of jou vennoot) se verontagsaming; en 
    3. jy vrywaar ons en ons geaffilieerde maatskappye van aanspreeklikheid van enige eise van enige mens, (hetsy regstreeks, nie-regstreeks, toevallig, bestraffend of voortspruitend) van enige aard, hetsy voortspruitend uit nalatigheid of enige ander oorsaak, wat verband hou met enige sterfte, besering, verlies en/of skade wat op welke mate ook al gely mag word voortspruitend uit jou versuiming (of dié van jou vennoot, indien van toepassing) om hieraan te voldoen. 
       
  24. Vir die doeleindes hiervan beteken “geaffilieerde maatskappye” M-Net se vennote, medebemarkers en borge van dié kompetisie.
     
  25. Dié reëls en regulasies sal vertolk, geïnterpreteer en afgedwing word kragtens die wette van kontrak- en dispuutresolusie in die Republiek van Suid-Afrika.