Logo
web uni tv guide

Winslyn

144FinansiesPG13

Winslyn: Jong entrepreneur, groot idees

Nuus
05 Augustus 2015
Vandeesweek op Winslyn was die 13-jarige opkomende entrepreneur, Rikalize Reinecke, in die ateljee om oor haar ondernemings te gesels.
Screen Shot 2015-08-05 at 4.15.00 nm.

Vandeesweek op Winslyn was die 13-jarige opkomende entrepreneur, Rikalize Reinecke, in die ateljee om oor haar ondernemings te gesels.

Dié jong entrepreneur het vir ons meer vertel van haar twee ondernemings; ’n vis- en groenteboerdery, oftewel ’n hidro- en aquaponiese boerdery. Met hierdie boerdery sirkuleer sy om die beurt water van haar visboerdery, om groente en kruie te kweek vir haar groenteboerdery.

Volgens haar is die groenteboerdery ’n byproduk, wat die water vir haar visboerdery skoon hou. Sy meen dat dié twee boerderye nie onafhanklik kan funksioneer nie, en dus ’n samehangende sakemodel vorm.

Volgens haar is die idee afkomstig vanuit ’n fliek wat sy vier jaar gelede gekyk het. Sederdien het haar denkwyse oor visse nooit verander nie.

Rikalize se hande staan vir niks verkeerd nie, en sy het groot planne vir die toekoms. Sy het boonop haar raad aan jong entrepreneurs gedeel.

Kyk na die volledige onderhoud hier onder.