Logo

Wen R10 000 met die kykNET Ghoema Musiektoekennings 2019

Nuus
05 Maart 2019
Skryf só in!
Billboard 1600 x 640

Die kykNET Ghoema Musiektoekennings 2019 word vanjaar vir die agtste keer aangebied, hierdie jaar by Sun Arena by Times Square in Pretoria. Dié gala-geleentheid word op Saterdag, 20 April om 20:00 op kykNET DStv-kanaal 144 uitgesaai. Die bloutapyt en toekennings-geleentheid word ook Sondag, 21 April om 18:30 op kykNET NOU!, DStv-kanaal 146 uitgesaai.

Koop jou kaartjie vir hierdie spoggeleentheid en staan die kans om R10 000 in kontant te wen! ’n Sitpleknommer sal lukraak gekies word en die wenner sal by die geleentheid aangekondig word.

Inskrywingsmetode:
Koop jou kaartjie vir die kykNET Ghoema Musiektoekennings 2019, wat op Woensdag 17 April by Sun Arena by Times Square in Pretoria plaasvind, en jy staan die kans om R10 000 in kontant te wen.

Inskrywingstydperk:
Dinsdag 5 Maart tot Dinsdag 16 April 23:59.

Prys:
Een persoon sal R10 000 in kontant wen.

Wie kwalifiseer om deel te neem?
Enige Suid-Afrikaanse burger kan deelneem, maar deelnemers jonger as 18 moet toestemming van hul ouers of voogde verkry.

Ander reëls:

  • Die kompetisie voldoen aan die vereistes van die Verbruikersbeskermingswet.
  • Jy moet ‘n geldige kaartjie vir die kykNET Ghoemas 2019 koop om te kan inskryf en in aanmerking te kom vir die prys.
  • Elke inskrywingsvorm met ‘n geldige sitpleknommer is ’n geldige inskrywing in die kompetisie.
  • ’n Wenner sal lukraak deur ’n onafhanklike ouditeur aan die einde van die kompetisie gekies word.
  • Alvorens die wenner bevestig word, sal ‘n kykNET-verteenwoordiger die wenner se ID en kaartjie by die geleentheid moet verifieër. Indien die wenner se ID en sitpleknommer nie ooreenstem nie, sal ‘n alternatiewe wenner aangewys word.
  • Die wenner sal die aand van die kykNET Ghoemas by die geleentheid aangekondig word.
  • Die R10 000 sal direk in die wenner se bankrekening inbetaal word.

Vir die volledige lys van bepalings en voorwaardes, kliek hier.

Gebruik die #Ghoemas-hutsmerk oFacebookTwitter en Instagram en gesels saam. Bly ook hier op hoogte.