Logo

Wen met Kampkos en Makro

Nuus
06 April 2017
Kampkos en Makro gee weekliks ’n braaigeskenk ter waarde van R1000 weg!
Kampkos Makro

Kampkos en Makro gee weekliks ’n braaigeskenk ter waarde van R1000,00 weg! Kyk die program elke Donderdag om 17:30 en beantwoord ’n eenvoudige vraag.

Inskrywingsmetode:

Kyk Kampkos elke Donderdag om 17:30 op kykNET, DStv-kanaal 144, en beantwoord ’n eenvoudige vraag uit die episode. Besoek Makro se Facebook-blad en vul die antwoord op die vraag in by die kommentaarblokkie onderaan die inskrywing.

Inskrywingstydperk:

Die kompetisie begin op 6 April 2017 en eindig op 29 Junie 2017.

Prys:

Daar word weekliks ’n Kampkos-braaigeskenkpak ter waarde van R1000,00 weggegee.

Bepalings en voorwaardes:

1. Hierdie promosiekompetisie word aangebied deur Masstores (Edms.) Bpk., wat handeldryf as Makro SA (registrasienommer: 1991/006805/07) en Multichoice (Edms.) Bpk. (registrasienommer: 2006/015293/07) (“die Promotors”).

2. Die kompetisie begin op 6 April 2017 en eindig op 29 Junie 2017.

3. Alle Facebook-vriende van Makro sal ingeskryf word, mits:

3.1. jy ’n natuurlike persoon bo die ouderdom van 18 jaar is;

3.2. jy in besit van ’n geldige Suid-Afrikaanse ID of paspoort of ’n geldige buitelandse paspoort is;

3.3. jou volledige naam, selfoonnommer en Suid-Afrikaanse identiteitsnommer (of paspoortnommer van ’n ander land van burgerskap) korrek in die Makro SAP CRM 7-stelsel opgeneem en gestoor is;

3.4. jou identiteit deur jou Suid-Afrikaanse ID of paspoort of jou buitelandse paspoort geverifieer kan word;

3.5. jy nie ’n direkteur, lid, vennoot, werknemer, agent of konsultant van Makro of Multichoice, of enige verskaffer van goedere of dienste wat verband hou met die promosiekompetisie, of die eggenoot, lewensmaat, ouer, kind, broer, suster, sakevennoot of medewerker van so ’n persoon is nie;

3.6. dit nie onwettig is om die prys aan jou toe te ken in terme van enige wetgewing of openbare regulasie nie. (Makro behou die reg voor om jou te versoek om laasgenoemde te bewys, byvoorbeeld deur ’n geldige TV-lisensie te vertoon.)

4. Jou inskrywing tot hierdie kompetisie beteken dat jy instem en verstaan dat jy slegs ’n kans staan om ’n prys te wen en daar geen waarborg is dat jy enige prys sal wen of ontvang nie.

5. Jy sal outomaties ingeskryf word vir die kompetisie wanneer jy inteken op die kykNET.tv-webwerf en klik op die skakel wat jou neem na Makro se Facebookblad, waar jy versoek sal word om jou antwoord te gee.

6. Met elke weeklikse episode van Kampkos sal jy telkens, sodra die episode gebeeldsend is op Donderdag om 17:30 tot die daaropvolgende Maandag, die kans hê om vir die kompetisie in te skryf.

7. Tensy eksplisiet anders aangedui, is slegs een inskrywing per persoon geldig. Individue wat poog om meer as een keer in te skryf, sal nie in aanmerking kom vir die pryse nie. Die inskrywings sal deur Makro gemonitor word om meervoudige inskrywings te verhoed.

8. Daar sal altesaam 13 wenners van Kampkos-braaipakette ter waarde van R1 000 elk wees.

9. Die wenner(s) sal deur 'n ewekansige trekking uit die poel van gemagtigde inskrywings vir die relevante periode – een week ná die sluitingsdatum van die kompetisie – aangewys word. Wenners sal deur 'n onafhanklike derde party gekies word.

10. Hoewel alle voorsorg getref sal word om te verseker dat alle pryse van goeie gehalte is, verskaf ons geen waarborge ten opsigte van die gehalte van pryse nie. Wenners aanvaar die pryse in die toestand waarin hulle dit ontvang.

11. Jy bevestig deur in te skryf dat jou deelname aan hierdie kompetisie en jou aanvaarding en/of gebruik van ’n prys, of enige aspek daarvan, op jou eie risiko is.

12. Onderhewig aan die toepaslike wetgewing, vrywaar jy ons en ons geaffilieerde maatskappye van alle aanspreeklikheid vir enige verlies, las, besering, uitgawe of skade (hetsy direk, indirek, toevallig, opsetlik of gevolglik) of van enige aard, ongeag of dit ontstaan as gevolg van nalatigheid of enige ander oorsaak, wat gely of veroorsaak word as gevolg van jou deelname aan die kompetisie of die aanvaarding en/of gebruik deur jou van enige prys, of as gevolg van enige aksie onderneem deur ons of enige van ons geaffilieerde maatskappye in ooreenstemming met hierdie bepalings en voorwaardes.

13. Onderhewig aan hierdie reëls, bepalings en voorwaardes sal die persoon wie se naam getrek word, op grond van die inligting wat op Facebook of Twitter verskaf is, die wennner van die prys wees, mits daardie persoon gemagtig was om vir hierdie kompetisie in te skryf.

14 . Die wenner(s) van die pryse sal deur Makro in kennis gestel word deur gebruik te maak van die inligting soos per Facebook of Twitter verskaf. Daar sal van die wenner vereis word om sy/haar kontakbesonderhede aan Makro te verskaf binne 24 uur vanaf die sluiting van die kompetisie. Sodra die wenners gekontak is, sal hulle besonderhede op Makro se Facebookblad en webwerf gepubliseer word. Indien die kontakbesonderhede van die wenner nie binne twee dae vanaf hierdie kennisgewing verskaf word nie, behou ons die reg voor om ’n nuwe wenner te trek. Indien die kontaknommer wat deur die wenner verskaf is, nie werk nie of nie aan die wenner behoort nie, sal ’n nuwe wenner getrek word. Indien die wenner se kontaknommer herhaaldelik besig is, net aanhou lui sonder antwoord of herhaaldelik na stempos toe oorskakel, sal Makro ná 5 werksdae weer ’n wenner trek – onderhewig aan dieselfde bepalings en voorwaardes. Makro sal alle redelike pogings aanwend om wel met die wenner(s) kontak te maak.

15. Die wenners van pryse moet hul pryse afhaal vanaf ’n Makro-winkel, op ’n tyd soos ooreengekom met die Makro-verteenwoordiger, binne een maand vanaf die datum van inkennisstelling, by gebreke waarvan hulle die prys sal verbeur en Makro dan die reg voorbehou om ’n nuwe wenner te trek. Makro aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige verdere of ander kostes of uitgawes in verband met aflewering van die prys nie, en die wenner vrywaar Makro, sy direkteure, werknemers, aandeelhouers en agente, teen enige eis van watter aard ookal, ongeag die oorprong daarvan.

16. Die waarde van die prys sluit BTW in, en die prys sal aan die wenner gegee word teen die huidige heersende prys soos beskikbaar aan enige kliënt op die dag wat dit by die kasregister opgelui word.

17. Ten einde in aanmerking te kom vir die prys, mag kliënte nie vals tjeks uitgereik het of enige uitstaande betalings aan Makro ten tye van die trekking verskuldig wees nie. Enige koste of uitgawes aangegaan ten opsigte van items wat nie spesifiek in die prys(e) ingesluit is nie, is vir eie rekening van die wenner(s).

18. Die prys(e) is nie oordraagbaar nie en mag nie uitgestel, verander of vir kontant of enige ander artikel geruil word nie.

19. Enige belastings, heffings, of ander gelde wat op 'n prys deur die staat of enige ander bevoegde owerheid of regulerende liggaam gehef mag word, is vir die wenner(s) se eie rekening, en Makro sal nie die waarde van die prys(e) verhoog om te vergoed vir sodanige koste(s) nie.

20. Die wenner(s) se naam, kaartnommer en tuisdorp of -stad sal gepubliseer word op die Makro-webwerf en in ander media. Makro mag jou uitnooi om deel te neem aan van ons bemarkingsaktiwiteite, om in persoon in die elektroniese en/of drukmedia te verskyn, en/of om van ons produkte of dienste te onderskryf, te bemark of te adverteer sonder om enige fooi, tantième of ander vorm van vergoeding daarvoor te ontvang. Jy mag so ’n uitnodiging of versoek van die hand wys.

21. Makro en/of sy derdeparty-verskaffers behou die reg voor om die kompetisie en enige pryse, of enige aspek daarvan, te verander, uit te stel, op te skort of te kanselleer sonder kennisgewing en op enige tydstip, vir enige rede wat Makro en/of sy derdeparty-verskaffers nodig vind. In die geval van so ’n wysiging, uitstelling, opskorting of kansellasie, stem jy in om af te sien van enige regte, belange en verwagtinge wat jy in terme van hierdie kompetisie mag hê en erken jy dat jy geen eisgrond teen Makro of sy geaffilieerde maatskappye en derdeparty-verskaffers het nie.

22. Die besluit van die beoordelaars van die kompetisie is finaal en bindend en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

23. As die wenner(s) versuim om te voldoen aan enige van hierdie reëls, bepalings en voorwaardes waaraan die aanvaarding van hierdie prys(e) onderhewig is, of weier om die Makro-wennersverklaring of die Makro-prysaanvaardingsverklaring te onderteken, sal dit beskou word as 'n verwerping van die prys en dan sal die wenner, sonder benadeling van enige ander middel wat Makro en sy geaffilieerde maatskappye mag hê, outomaties gediskwalifiseer word en die prys verbeur.