Logo

Vyf minute saam met Minki Joubert

Nuus
09 November 2017
Vyf boere, vyf minute, vyf keuses – hoe gemaak? Ons vind uit by aanbieder Minki Joubert hoe om elke minuut te maak tel.
Minki_Joubert

In dié week se episode van Boer Soek ’n Vrou is die top-5 boere van seisoen tien bekend gemaak en in die volgende episode moet daar alreeds moeilike besluite geneem word; dan spandeer elke boer vyf minute saam met tien dames, waarna die boere elk vyf dames moet kies om beter te leer ken.

LEES OOK – BOER SOEK N VROU: VAT HAAR VAS

Dit is nie net ’n senutergende keuse vir die boere nie, maar natuurlik ook vir die dames. In hierdie kort tydjie moet elke dame ook met ’n geruste hart weet dat sy die regte boer gekies het.

Maar hoe kan jy elke oomblik van dié paar oomblikke maak tel? Ons het met Minki gesels om uit te vind wat sy in daardie vyf minute sou wou weet indien sy in een van die dames se skoene was.

“Ek dink wat ek sou wou hoor in daardie vyf minute is of hy wil trou en of hy wil kinders hê.”

Sy tuur oor die Saldanha-branders, en glimlag. “Ek sal ook wil weet wat sy visie is vir sy oudag en hoe hy homself in twintig jaar sien.

“Ek sal wil weet hoe sien hy my in sy lewe inpas, het hy tyd vir my in sy lewe, sal hy moeite doen, sal hy moeite maak vir my…”

Verder sê sy: “Ek sal ook wil weet of hy romanties is en wat sy love language is.

“Ek kan aangaan en aangaan, maar gelukkig is ek nie daar om die boere te looi met die vrae nie.”

LEES OOK – MINKI JOUBERT: ‘DIS NOU MAAK OF BREEK’

Kyk net hoe smeul die top-5 boere voor die kamera. Dié foto’s is geneem deur Donna Lewis:

Gallery

 

LEES OOK – MINKI JOUBERT: ‘DIS NOU MAAK OF BREEK’


Donderdag om 20:00 ontmoet die vyf boere elk tien dames tydens blitsafsprake – jy wil dit nie misloop nie! Volg ons op FacebookTwitter en Instagram, en gesels saam by #GroterBeterBoeren #BoerSoeknVrou.