Logo
slim BB kwela
web uni tv guide

Kwêla

144TydskrifprogramPG13 VL

Volg die pad van jou hart met die KIA Grand Sedona

Nuus
06 Maart 2018
Of jy ’n uitstappie beplan na Aberdeen of na Zeerust, of enige dorp tussenin, die KIA Grand Sedona is die perfekte motor vir die langpad.
Kwela jou dorp Billboard 1600 x 640

Met genoeg sitplek vir sewe volwassenes, wat boonop kan oplig en skuif, kan jy nog meer spasie skep vir groter items, of om net die bene te rek.

In- en uitklim is ook maklik danksy elektroniese sydeure. Jy kan selfs die sterre bewonder danksy die Grand Sedona se dubbel-sondak. Maar wees gerus, met die standaard navigasiestelsel het jy nie nodig om jou roete in die sterre te vind nie.

Geen dorp is te ver nie, want die Grand Sedona het ook ’n groot en diep kattebak om al die bagasie – en die padkos – te kan vervoer. Meraai kan ook maklik laai danksy die elektroniese kattebak wat outomaties oopmaak wanneer die sleutel binne ’n sekere afstand is.

’n Hoë gehalte klankstelsel is ook standaard, want jou gunsteling musiek is immers deel van die ervaring. Met verskeie gleuwe vir USB’s, ’n Bluetooth-verbinding en ’n verskeinheid beheerknoppe op die stuurwiel kan jy boonop alles beheer sonder om jou hande van die stuurwiel te verwyder, of jou oë van die pad af te haal.

Lief vir kamp? Sleep jy gereeld ’n karavaan? Geen probleem nie! Die Grand Sedona kan maklik met ’n sleepstang toegerus word.

Onder die enjinkap is ’n 2,2-liter turbo-aangedrewe dieselenjin, met 147 kW se krag en 440 Nm wringkrag, wat jou toelaat om sonder skroom tot soveel as twee ton te sleep. En met ’n 80-liter brandstoftenk gaan jy ook nie gereeld hoef te stop nie.

Kies die gebaande wee of volg die onbekende paaie – ongeag jou keuse bied die Grand Sedona ook ongekende gemoedsrus danksy KIA se vyfjaar, onbeperkte afstand-waarborg, vyf jaar se gratis padbystand, sowel as ’n vyfjaar, 100,000 km onderhoudsplan.

Volg die pad van jou hart met die KIA Grand Sedona – trotse borg van Kwêla Dorp van die Jaar.

Kliek hier vir meer inligting, of kontak jou naaste KIA-handelaar vir ’n toetsrit.

KIA. The Power to Surprise.

Gebruik die hutsmerk #JouKwêlaDorp op  FacebookTwitter en Instagram en laat weet ons watter dorp die gesogte titel verdien.