Logo

VeranderDinge: Ruda en Kim terug vir tweede ronde

Nuus
15 Maart 2016
VeranderDinge, nou in sy tweede seisoen, fokus op bekendes én gewone mense wat buitengewone dinge doen. Skakel in vanaf 10 April op Sondae om 18:30.
VeranderDinge 2016 Nuus

Vooruitgang gebeur nie sonder verandering nie, en dís waar VeranderDinge in die prentjie kom. Dié reeks, nou in sy tweede seisoen, fokus op bekendes én gewone mense wat buitengewone dinge doen.

Ruda Landman en Kim Cloete is weer die aanbieders. Saam kyk hulle na baie dinge. Interessante dinge. Skrikwekkende dinge. Opwindende dinge. Hartseer dinge. Snaakse dinge. En soos wat hulle dίt doen, gaan kykers saam met hulle uitvind wat mense inspireer om van koers te verander.

Ruda en Kim se gaste is mense wat ’n nuwe rigting ingeslaan het, of besig is om ’n groot skuif in hul lewens te maak.

In die eerste episode van die nuwe seisoen gesels Ruda met Kaapstadse burgermeester Particia de Lille oor die grootste mylpale van haar politieke loopbaan, en hoe sy uitdagings as burgermeester baasraak. Kykers kan ook uitsien na onderhoude met glansryke Suid-Afrikaners soos Minki van der Westhuizen, oudmej. Suid-Afrika Wilma van der Bijl en sangsensasie Patricia Lewis.

“Ek dink die gaste in ons nuwe seisoen gaan beslis ’n verfrissende element tot die program bring,” sê Ruda. “Dis juis die gaste wat VeranderDinge so interessant maak, en ons wil met die inhoud van VeranderDinge kykers stimuleer met ’n verskeidenheid gaste wat wissel van politici tot glanspersoonlikhede.”

Kim gaan weer in haar prettige insetsels na vindingryke tydverdrywe kyk wat wissel van tuisbrouerye tot krokodilhokduik – wat besig is om veld onder avontuurlustiges te wen. En moenie die inspirerende selfhelp-insetsels vergeet nie – soos hoe om stokperdjies in besighede te verander en hoe om bekostigbare kinderpartytjies te hou.

Kyk hier na die voorskou-video:



Meer oor Ruda Landman

Ruda is ’n gesoute joernalis en aanbieder wat veral bekend is vir haar 19 jaar as mede-aanbieder op Carte Blanche. Behalwe vir haar televisiewerk, is sy ook ’n suksesvolle lektor, skrywer en seremoniemeester en dien op die direksies van die Universiteit van Stellenbosch, Media24 en Hoërskool Helpmekaar.

Meer oor Kim Cloete

Kim is ’n aktrise, radio- en TV-aanbieder en teksskrywer. Sy het ’n string akteurs- en aanbiedersrolle op haar kerfstok te danke aan verskynings in programme soos Zing!, Ontbytsake, Isidingo en Villa Rosa. Sy is ook die mede-eienaar van die Garden Court-teater in Woodstock.

Meer oor BrightRock

BrightRock is die verskaffer van die eerste behoeftegerigte lewensdekking wat verander soos jou lewe verander. Die maatskappy is van stapel gestuur om versekeringsprodukte te skep wat daadwerklik aan die verbruiker se behoeftes voldoen. BrightRock voorsien unieke, behoeftegerigte lewensdekking wat om elke individuele polishouer se onmiddelike behoeftes gestruktureer word. Dit is ontwerp om by polishouers se lewens aan te pas soos hul lewens verander in oomblikke waarna BrightRock spesifiek verwys as Veranderingsoomblikke (Change Moments).

’n Veranderingsoomblik gebeur wanneer jy die betrekking van jou drome losslaan; voor die kansel staan; jou baba vir die eerste keer vashou of die voordeur van jou nuwe huis vir die eerste keer oopsluit. Elkeen van dié oomblikke kan as lewensmylpale beskou word wat ’n groot impak op jou persoonlike welstand, finansies en toekomsplanne kan hê. Dit is juis waar BrightRock se lewensdekking in die prentjie kom – dit die enigste lewensversekeringsproduk wat aanpasbaar genoeg om te verander soos jou lewe verander. Gevolglik bly jou premies relevant en koste-effektief soos jy ouer word. BrightRock (EDMS) Bpk is ’n gemagtigde finansiële diensverskaffer, onderskryf deur Lombard Life Bpk.

Kyk VeranderDinge, vanaf 10 April op Sondae om 18:30.