Logo

Mooimaak 2: ’n Nuwe begin met Skin Renewal

Nuus
09 Augustus 2018
Lees meer.
Mooimaak

Foto: Marguerite Oelofse

Die fisiese transformasie wat die deelnemers van Mooimaak 2ondergaan het, was merkwaardig; maar dis veral die positiewe verskil wat dit aan elkeen se selfvertroue gemaak het, wat ongelooflik was. Met meer as ’n duisend inskrywings, was dit nie maklik om die finale tien kandidate vir die reeks te kies nie.

ONTMOET DIE ELF DEELNEMERS HIER.

Die keurders is dr. Maureen Allem, stigter en mediese direkteur van die Renewal Instituut, dr. JJ Serfontein, ’n spesialis in estetiese en algemene tandheelkunde; asook die aanbieder, Clare Wiese-Wentzel en die vervaardigers van die program. Hulle het die fisiese behoeftes, agtergrond en omstandighede van elke kandidaat oorweeg. Die grootste uitdaging was egter om te bepaal of daar genoeg tyd sou wees om al die behandelings in Johannesburg en Kaapstad betyds te voltooi.

Onder leiding van dr. Allem, het ’n span van sewe estetiese dokters die tien deelnemers se onderskeie behoeftes bepaal en vir elk ’n persoonlike pakket saamgestel. Dit was nie net die hoeveelheid behandelings wat in ag geneem moes word nie. Die skedulering van afsprake was veral belangrik, om te verseker dat daar genoeg hersteltyd tussen behandelings ingepas word.

Hoewel die meeste mense weet dat tandheelkundige- en velsorg ’n lewenslange belegging is, wys Mooimaak 2dat drasiese, dog veilige, resultate in ’n kort tydperk verkry kan word – mits dit onder die regte toesig gedoen word.

Die intensiewe transformasie proses was vir al die deelnemers uitdagend, maar die eindresultate was só besonders dat dit beslis ook ‘n selfbeeld metamorfose vir die deelnemers was. 

Besoek gerus Skin Renewal en Lamelle se webblaaie en maak seker jy skakel elke Donderdag om 20:00 in. Bly op hoogte deur die hutsmerk #Mooimaak te gebruik op FacebookTwitter en Instagram.