Logo

Silwerskermfees-kortfliek: Vuil wasgoed

Nuus
04 April 2015
‘Vuil wasgoed’ het by die kykNET Silwerskermfees gedraai, en is in April ook op die kassie.
Vuilwasgoed

Vuil wasgoed het by die kykNET Silwerskermfees gedraai, en is in April ook op die kassie.

Saterdag 11 April

Vuil wasgoed

Donker komedie

Met: Bennie Fourie, Bouwer Bosch, Tim Theron, Simoné Nortmann, Leandie du Randt, Hannes Muller, Stiaan Smith, Michelle Ayden, David Louw, Dietmar Gerber, Cameron Bruwer en Annelise Koch

Regisseur: Bennie Fourie

Draaiboek: Bennie Fourie

Vervaardigers: Bouwer Bosch en Bennie Fourie

Redigering: Bouwer Bosch

Wim en Kevin werk in ’n wassery. Hulle kikker hul armsalige vervelige lewens op deur saans hul kliënte se gewasde klere aan te trek en partytjies te crash. Hulle gee die klere die volgende dag eenvoudig net terug en gaan aan asof niks gebeur het nie. Dis maklik. Dis goedkoop. Dis cool. Een dag bring ’n misterieuse man sy pak in om skoongemaak te word. Kevin soek ’n pak wat sy oogappel, Niki, by ’n formele funksie sal bëindruk. Hy besluit die pak sal die ding doen, trek dit aan en by die partytjie probeer hy sy move te maak… toe ontdek hy ’n koue afgekapte vinger in die baadjie se sak. Hy en Wim skarrel terug wassery toe, net om te ontdek dat die misterieuse man hulle inwag… met ’n snoeiskêr…