Logo

Silwerskermfees 2018: Inskrywings nóú oop

Nuus
01 Maart 2018
Skryf nóú in vir die Silwerkskermfees 2018!
Silwerskermfees Billboard 1600 x 640

Brand jy om ’n storie te vertel? Is dié storie dalk ’n kortfilm of ’n kort-kortfilm? Het jy ’n bestaande kortfilm of ’n dokumentêr wat jy reeds voltooi is?

Is jy die toekomstige ikoon vir Suid-Afrikaanse fliekvlooie? Dis nou die kans om jou droom waar te maak met die Silwerskermfees in samewerking met kykNET.

Daar is drie verskillende kategorieë waar jy jou konsep vir jou storie kan inskryf: kortfilm, kort-kortfilm, of bestaande werk.
 

KORTFILMS

Inskrywings vir kortfilms en kort-kortfilms sluit 23 Maart 2018. Inskrywingsfooi is R250.00 per inskrywing.

LAAI DIE BEPALINGS EN VOORWAARDES VIR KORTFILMS HIER AF.

Hoe om in te skryf:

  • Registreer op die Silwerskermblad.
  • Kies in watter kategorie jy gaan inskryf: 11 minuut- of 22 minuut-kortfilm
  • Voltooi die inskrywingsvorm volledig.
  • Tik jou konsep elektronies op die inskrywingsvorm in. Moet nie jou naam op jou konsep aandui nie.
  • Betaal die inskrywingsfooi van R250 en handig in. Neem kennis: na betaling kan jy nie jou inskrywing verander nie.

Hoe werk dit:

  • Konsepte vir kortfilms moet tussen 250 en 300 woorde wees.
  • Sou jou konsep vir die kortfilm-kategorie gekeur word, sal jy R175 000 ontvang om jou konsep in ’n 20-22-minuut film te omskep.
  • Konsepte vir kort-kortfilms moet tussen 250 en 300 woorde wees.
  • Sou jou konsep vir die kort-kortfilm-kategorie gekeur word, sal jy R95 000 ontvang om jou konsep in ’n 10 - 11-minuut film te verander.

Wanneer sal ek weet of my konsep gekeur is:

Jy sal teen 6 April 2018 in kennis gestel word indien jou konsep in die top-30 is. Teen 10 April 2018 moet jy vir ons die eerste vyf bladsye van jou storieteks inhandig, sowel as ’n volledige begroting van hoe jy die geld gaan spandeer om jou film te maak.

Die top-20 konsepte wat gekies word, sal teen 15 Mei 2018 in kennis gestel word en die produksie en vervaardiging van jou film sal in die daaropvolgende agt weke plaasvind.

Suksesvolle konsepte sal slegs in Afrikaans vervaardig word.

SKRYF HIER IN.

 

BESTAANDE WERKE

Inskrywings vir bestaande werke sluit 3 Mei 2018. Inskrywingsfooi is R500.00 per inskrywing.

LAAI DIE BEPALINGS EN VOORWAARDES VIR BESTAANDE WERKE HIER AF.

Hoe om in te skryf:

  • Registreer op die Silwerskermblad.
  • Voltooi die inskrywingsvorm volledig.
  • Laai jou film elektronies op jou aansoekvorm. Die film moet saamgepers word tot 500MB.
  • Betaal die inskrywingsfooi van R500 en dien in.

Keuring:

Die eienaars van die films wat gekies word, sal ’n standaard-lisensiëringsooreenkoms met M-Net sluit vir die vertoon van die film tydens die Silwerskermfees.

Alle intellektuele eiendomsregte, insluitend maar nie beperk tot die kopiereg van die films en die gekose kortfilmvoorleggings, sal steeds aan die vervaardiger behoort, maar sal gratis tydens die fees vertoon kan word, mits die vervaardiger die ooreenkoms onderteken.

Indien die regte aan meer as een persoon behoort, is dit die persoon wat inskryf se verantwoordelikheid om die inskrywing met die ander partye te bevestig en die nodige toestemming en vrywaring te verkry alvorens die inskrywing plaasvind.

Alle films wat in ’n ander taal as Engels is, moet Engelse onderskrifte hê.

Wanneer sal ek weet of my film gekeur is:

Die besluit oor die maksimum hoeveelheid beste films berus uitsluitlik by M-Net. 

Die geslaagde inskrywing van die film sal op 12 Julie 2018 op www.kyknet.tv aangekondig word en die onderskeie persone sal via e-pos verwittig word. 

Sou jou film gekeur word vir die 2018 Silwerskermfees, sal jy jou film en die volgende aan IdeaCandy moet lewer – formaat waarin dit gelewer moet word op gemerkde hardeskyf:

  1. HD: Die kwaliteit moet van HD 16x9 (1920 x 1080) gehalte wees /Apple Pro res 422HQ;
  2. Lokprent van jou film;
  3. Plakkaatontwerp van jou film;
  4. Foto’s van die akteurs in jou film.

SKRYF HIER IN.