Logo

Riglyne vir musiekvideo’s op kykNET en kykNET NOU!

Nuus
13 Maart 2015
Wil jy hê jou musiekvideo moet op kykNET NOU! uigesaai word? Maak dan seker dat dit aan die volgende riglyne voldoen.
musiekvideos

Hier onder is die dokumentasie wat benodig word om jou musiekvideo op die Afrikaanse kanale te sien. Dit sluit in die volledige dokumentasie met alle nodige inligting om jou musiekvideo op lug te kry.

Neem kennis dat ons geen video kan uitsaai alvorens ons nie die voltooide MVC-sheet en getekende kontrak ontvang het nie. Die MVC-sheet moet ook digitaal gelewer word saam met die video, of apart via e-pos.

Let op dat die kontrak nie vir musiekvideo’s wat geregistreer is met RISA aangestuur moet word nie

Jy mag gerus YouTube-links stuur vir die paneel om na te kyk tydens keuringsessies. Indien enige video goedgekeur word, moet jy egter sorg dat dit in die korrekte formaat volgens die regte spesifikasies gelewer word. Dit moet ook vergesel word deur die relevante dokumentasie wat volledig ingevul is.

Laai die relevante dokumente hier af.