Logo
RZA
web uni tv guide

Republiek Van Zoid Afrika

144Geselsprogram13 L

Republiek van Zoid Afrika: Laai die liedjie hier af

Nuus
02 Augustus 2018
Het jy gehou van wat jy gehoor het? Laai dit dan hier af.
RZA_Pierre Greeff

Fotograaf: Anlia Laubser

Die liedjies wat tydens elke episode van Republiek van Zoid Afrika opgevoer word, word dadelik op iTunes beskikbaar gestel. Kry die jongste liedjie hier.

  • Laai die die Ghoema-bekroonde-duo, Karen Zoid en Jo Black, se weergawe van die liedjie “Skepe” hier af.
  • Laai Karen Zoid se liedjie “Hoe ek voel” hier af.
  • Kry Karen Zoid en Ross Learmonth se weergawe van Prime Circle se liedjie “She always gets what she wants” hier.​
  • Het jy daarvan gehou? Laai dan Karen Zoid en Johnny Clegg se Great Heart hier af
  • Laai Karen Zoid en Refentse se weergawe van die liedjie Victoriabaai/Nomalanga hier af
  • Het jy gehou van Karen Zoid en Gian Groen se weergawe van “Vier seisoene kind?” Laai dit hier af.
  • Luister weer na Karen Zoid en Patricia Lewis se weergawe van “The first time I saw your face” hier.
  • Is jy ook dol oor Karen Zoid en Yvonne Chaka Chaka se weergawe van ‘Kana Uchema?’ Laai dit hier af.
  • Laai die liedjie “Die Mystic Boer” deur Karen Zoid en Valiant Swart hier af
  • Kry Jannie du Toit en Karen Zoid se weergawe van “’n Liedjie vir jou” hier.
  • Laai “Beloofde Land” deur Karen Zoid en Pierre Greeff hier af
  • Het jy van Johan Stemmet en Karen Zoid se weergawe van “Kinders van die Wind” gehou? Laai dit dan hier af.
  • Het Judith Sephuma en Karen Zoid se weergawe van A cry, a smile, a dance ’n glimlag op jou gesig geplaas? Laai dit dan hier af. 
  • Ons sluit die seisoen af met Franja du Plessis en Karen Zoid se weergawe van “Stad van Verlange”.

LEES OOK: KAREN ZOID KEER TERUG VIR MEER

Republiek van Zoid Afrika saai elke Donderdag om 20:00 uit op kykNET, DStv-kanaal 144. Gesels saam op sosiale media met die hutsmerk #kykNETRZA.