Logo

Programvoorstelle: Bepalings en voorwaardes

News
19 Maart 2015
Onaangevraagde voorleggings – bepalings en voorwaardes:
27_kykNET_Logo_New

1. Ek verklaar en bevestig dat ek die oorspronkike skepper of eienaar van die voorstel is en dat ek geregtig is om dit ter oorweging aan M-Net voor te lê.
2. Ek erken dat M-Net talle voorleggings vir idees, formate, stories, voorstelle en ander material ontvang wat soortgelyk kan wees aan my voorstel en dat M-Net dalk reeds soortgelyk of identiese idees oorweeg. Ek erken voorts dat M-Net dalk besig is om ideessoortgelyk aan my voorlegging te produseer of reeds geproduseer het. Derhalwe verstaan ek en stem ek in dat ek nie op enige vergoeding geregtig sal wees indien M-Net later opdrag gee vir materiaal soortgelyk aan my voorstel of soortgelyk material produseer nie.
3. Tensy M-Net skriftelik andersins ingestem het, sal enige material wat ek aan M-Net stuur nie as vertroulik hanteer word nie. Dienooreenkomstig stem ek in dat: (i) sodanige materiaal nie onderhewig is aan enige verpligting van vertroulikheid aan die kant van M-Net nie; (ii) geen vertroulike of fidusiêre verhouding op enige wyse tussen myself en M-Net bedoel of geskep word nie; (iii) ek nie hersiening, vergoeding of beloning van enige aard verwag nie.
4. M-Net se ontvangs van die idees en materiaal in my onaangevraagde voorstel is nie ’n erkenning deur M-Net van die uniekheid, voorrang of oorspronklikheid daarvan nie en dit beperk nie M-Net se reg om bestaande of toekomstige intellektuele eiendomsregte ten opsigte van my voorstel te betwis nie. Deur my voorstel te aanvaar, benadeel M-Net voorts nie enige kopiereg, handelsmerk of ander intellektuele eiendomsregte wat M-Net reeds mag hê of moontlik in die toekoms mag prober uitoefen nie.
5. M-Net behou die reg voor om enige voorstel te skrap wat hy in sy uitsluitlike goeddunke as aanstootlik, lasterlik, rasse-benadelend of onwettig beskou of wat andersins op enige regte van derde partye inbreuk maak.
6. Ek stel M-Net hiermee skadeloos teen en vrywaar hom van enige verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige verlies, skade, besering of teleurstelling wat ek ly as gevolg van my voorlegging van die voorstel.
7. M-Net aanvaar nie enige verantwoordelikheid vir enige probleme of tegniese wanfunksionering van enige stelsel wat betrokke is by die indiening van die voorstel nie (insluitend telefoonnetwerke of -lyne, rekenaarstelsels of -toerusting, bedieners, stelselverskaffers, versuim van sagteware of verkeersoorlading op die internet, telefoonlyne of enige webwerf maar nie daartoe beperk nie).