Logo

Ontmoet die Koekedoortjie-ondersteuningsklub!

Nuus
11 April 2018
Hier is ons tien Koekedoortjies se grootste aanhangers.
Koekedoortjie_ondersteuningsklub

Agter elke Koekedoortjie sit daar ’n ma of pa wat trots toekyk hoe hul kind bak en brou. Die kameras kan soms senutergend wees en die druk groot, maar met dié ouers is ons Koekedoortjies in baie goeie hande. Ontmoet die Koekedoortjie-ondersteuningsklub hier:

Anica 


Anica bring ma Marna saam na die Koekedoortjie-stoor. ​

Anmi


Anmi bring ma Marié saam by wie sy haar liefde vir bak gekry het.

Carla


Ma Maryke kom saam met Carla, want al bak sy nie eintlik nie, voel sy veilig by haar.

Danika


Beide pa en ma blink uit voor die stoof, maar met kreatiwiteit is ma Sanita ’n kortkop voor, so sy kom saam na die Koekedoortjie-stoor.

Elsje-Mari


Ma Elmarie se besigheid is kos. Wie is dan beter aan Elsje-Mari se sy?

Evan


Evan bring vir ma Nerina saam, want saam maak hulle ’n span. 

Minay


Pa Fritz is Minay se gunsteling-kok en metgesel. 

Nix 


Nix bring haar grootste motiveerder saam – ma Liezel, wat haar toelaat om te eksperimenteer en aanmoedig om altyd weer te probeer. 

Tanique


Ma Wanya kom saam, want sy kan darem ’n resep lees, hoewel sy nie altyd daarby hou nie.

Wicus


Wicus bring vir ma Nini saam, want sy is baie kreatief. 

Lees meer oor die tien Koekedoortjies hier.

Skakel in vir ’n nuwe episode van Koekedoortjie, Woensdae om 20:00. Gesels saam op Facebook en Twitter by #Koekedoortjie!