Logo

Ons Sprokiesbruilof: Rikus en Linda

Nuus
09 Maart 2017
Die lewe is vol vreemde draaie. Rikus (52) en Linda (49) se wildste drome word in hierdie week se episode van Ons Sprokiesbruilof oortref.
OSB Ontmoet Linda en Rikus

Die lewe is vol vreemde draaie. Rikus (52) en Linda (49) se wildste drome word in hierdie week se episode van Ons Sprokiesbruilof oortref.

Die ontmoeting

Rikus en Linda het mekaar in 2011 ontmoet en vriende geword. Linda is ’n jaar daarna getroud met iemand anders en Rikus het gebid “dat ek haar weer eendag op my pad sal sien”.

In 2015 was Linda en haar man in ’n ernstige motorongeluk, waarin haar man gesterf het. Rikus is na die toneel geroep en het Linda daarna versorg tot sy weer op die been was.

Hulle trou ’n jaar en ’n half nadat hulle hul verhouding hervat het. “Dit was my grootste droom gewees,” sê Rikus.

Die verlowing

Hulle het in Hartenbos verloof geraak. Rikus het ’n bandjie met ’n briefie om een van Linda se hondjies gesit en Linda het die boodskap gesien toe sy die hondjie roep. “Toe kom hy in en val op sy knieë en vra vir my: ‘Wat is jou antwoord?’ Ek sê toe ‘ja’!” vertel Linda.

Die troue

Rikus en Linda trou by Gabbata Lodge in Pretoria en Linda se twee dogters en drie kleinkinders, asook Rikus se dogter, het ’n groot aandeel in hul mooiste dag.

Ons Sprokiesbruilof is Donderdae om 20:30 op kykNET (kanaal 144). Bly hier op hoogte en gesels saam op sosiale media – op Facebook, Twitter (gebruik die hutsmerk #SprokiesBruilof), Instagram en WeChat (gebruik die WeChat-ID kykNETtv om kykNET as ’n “vriend” by te voeg).

Herhalings word op Vrydae om 13:30, Sondae om 10:00 en 21:30, Maandae om 10:30 en Woensdae om 11:00 uitgesaai.