27 osb speletjies

Ons Sprokiesbruilof: Pret by troues

Wanneer dit by troues kom, is daar nie werklik ’n “reg” of “verkeerd” nie – mits jul troue uniek is aan julle as paartjie.

10 Februarie 01:30

Wanneer dit by troues kom, is daar nie werklik ’n “reg” of “verkeerd” nie – mits jul troue uniek is aan julle as paartjie.

Die bruid en bruidegom wil dikwels nie net ’n lekker makietie reël en seker maak die kos en dekor is voortreflik nie, maar wil ook hul gaste vermaak.

Dit gebeur bitter min dat al die gaste mekaar ken (twee families kom immers bymekaar), en daarom kan speletjies soos kroukie (croquet), boules en Jenga die ys breek en almal help om te ontspan. Boonop help dit die gaste om die tyd verby te kry terwyl hulle wag vir die paartjie om hul troufoto’s te laat neem.

Waar die gaste die bruid en bruidegom dalk goed ken, kan hul kennis getoets word deur hulle by ’n vasvra-sessie te betrek. Die bruidsmeisies en strooijonkers kan ook die bruid en bruidegom toets, wat hope vermaak sal verskaf.

Estévan en Katryn het in vandeesweek se episode van Ons Sprokiesbruilof die sogenaamde skoen-speletjie ’n nuwe kinkel gegee. Kyk die video hier onder:



Ons Sprokiesbruilof is Donderdae om 20:30 op kykNET (kanaal 144). Bly hier op hoogte en gesels saam op sosiale media – op Facebook, Twitter (gebruik die hutsmerk #SprokiesBruilof), Instagram en WeChat (gebruik die WeChat-ID kykNETtv om kykNET as ’n “vriend” by te voeg).

Herhalings word op Vrydae om 13:30, Sondae om 10:00 en 21:30, Maandae om 10:30 en Woensdae om 11:00 uitgesaai.

Nog Nuus

28 osb johan suret news

Ons Sprokiesbruilof: Johan en Suret

29 Maart 16:50

28 osb ella christo 00 news

Ons Sprokiesbruilof: Eerste liefdes

24 Maart 01:31

28 osb ontmoet ella christo news

Ons Sprokiesbruilof: Christo en Ella

23 Maart 13:40

28 sink special screening news

Saftas 2017: kykNET wen groot!

20 Maart 16:32