Logo

Ons Sprokiesbruilof: Mannoline en Giovano

Nuus
15 Maart 2017
Mannoline Hoffman (25) en Giovano Fourie (29) se drome word waar in vandeesweek se episode van Ons Sprokiesbruilof!
OSB Mannoline en Giovano Bill

Mannoline en Giovano se drome word waar in vandeesweek se episode van Ons Sprokiesbruilof!

Die ontmoeting

Mannoline Hoffman (25) en Giovano Fourie (29) het mekaar in 2013 ontmoet. Giovano het iemand nodig gehad om hom te vergesel na ’n Saru-toekenningsaand en Mannoline se suster het haar nommer vir hom gestuur.

Hulle het op WhatsApp begin gesels en van dag een af goed oor die weg gekom, maar dit was nie liefde met die eerste oogopslag nie. Mannoline spot en sê sy het nie destyds gedink Giovano is iets vir die oog nie. “Dis nou nie vir my nie!” het sy gedink toe sy ’n foto van hom sien.

Dit het egter gou omgeswaai en ná vier wonderlike maande saam is Mannoline, wat vir die SANDF gewerk het, gestuur na die Demokratiese Republiek van die Kongo vir ’n jaar. Giovano het weer ’n aanbod gekry om rugby in Dubai te gaan speel en is ook landuit.

Die verlowing

Giovano en Mannoline het sowat tien keer per dag gesels en Giovano het die geleentheid benut toe sy vir hom in Dubai gaan kuier het. Hulle is na ’n restaurant en Mannoline het gedink iets is vreemd toe iemand aankondig dat Giovano ’n “item” gaan lewer. “Ek weet hy kan nie sing nie. Hy kan nie sing om sy lewe te red nie!”

Giovano het die mikrofoon geneem en op sy een knie gesak.

Die troue

Hulle het ’n jaar geneem om hul sprokiesbruilof te beplan. Op ’n stadium wou hulle alles skrap en ’n klein, intieme troue te hou, maar ’n mens trou mos net een keer! Hulle trou in Pretoria by Chez Charlene en hoewel Mannoline sê sy is g’n Cinderella nie, gaan hul droomdag soos ’n sprokie lyk.

Ons Sprokiesbruilof is Donderdae om 20:30 op kykNET (kanaal 144). Bly hier op hoogte en gesels saam op sosiale media – op Facebook, Twitter (gebruik die hutsmerk #SprokiesBruilof), Instagram en WeChat (gebruik die WeChat-ID kykNETtv om kykNET as ’n “vriend” by te voeg).

Herhalings word op Vrydae om 13:30, Sondae om 10:00 en 21:30, Maandae om 10:30 en Woensdae om 11:00 uitgesaai.