Logo

Ons Sprokiesbruilof: Johan en Suret

Nuus
29 Maart 2017
Johan Myburgh (28) en Suret Venter (32) se sprokiesbruilof word vandeesweek op kykNET uitgesaai.
OSB Johan Suret

Die ontmoeting

Johan en Suret het mekaar op ’n blinde afspraak ontmoet, en hy het haar na haar broer se troue vergesel.

“Een van my kollegas het vir my gesê hulle ken ’n goeie boerseun en sommer op Facebook gewys,” vertel Suret. Hulle het oor WhatsApp begin gesels en later saam gaan koffie drink.

Hy en Suret het van die eerste ontmoeting baie goed oor die weg gekom, maar dit was nie noodwendig liefde met die eerste oogopslag nie, sê Johan. Die romanse het egter nie lank daarna nie tussen die twee begin blom.

“Natuurlik is sy baie mooi en baie oulik,” sê Johan, maar dié blondekop is ook ’n omgeemens – iets wat hom beslis aan die begin na haar aangetrek het.

Johan is dalk jonger as sy, maar die ouderdom het nooit gepla nie, meen Suret. “Hy is ’n baie volwasse persoon.”

Die verlowing

Johan het Suret destyds op die Northcliff-koppie in Johannesburg gevra om sy meisie te wees en dis dan ook híér waar hy haar gevra het om sy vrou te word. “Dit was vir my ’n groot verrassing,” sê Suret.

Die troue

Suret se ring is van roosgoud gemaak en die paartjie wil hê die dekor moet daarby pas. Maar: “Ek soek nie pienk rose nie!” lag Suret.

Suret het Johan se ring uitgekies en hy sal dit vir die eerste keer op hul troudag sien. “Ek is verskriklik opgewonde om my ring te sien,” sê Johan. “Suret het baie goeie smaak.”

Die paartjie trou by Monte Vista in Krugersdorp.

Ons Sprokiesbruilof is Donderdae om 20:30 op kykNET (kanaal 144). Bly hier op hoogte en gesels saam op sosiale media – op Facebook, Twitter (gebruik die hutsmerk #SprokiesBruilof), Instagram en WeChat (gebruik die WeChat-ID kykNETtv om kykNET as ’n “vriend” by te voeg).