27 osb estevan en katryn 01

Ons Sprokiesbruilof: Estévan en Katryn

Hierdie week in Ons Sprokiesbruilof ontmoet ons vir Estévan Dorfling en Katryn van der Merwe van Polokwane, wat mekaar al van skool af ken.

09 Februarie 12:00

Hierdie week in Ons Sprokiesbruilof ontmoet ons vir Estévan Dorfling en Katryn van der Merwe van Polokwane, wat mekaar al van skool af ken.

Die ontmoeting


Estévan en Katryn het mekaar ontmoet terwyl hulle nog op skool was, maar weens ’n langtermynverhouding het Katryn nie juis ogies vir Estévan gemaak nie.

Hy het egter “kliphard” na die donkerkop gevry ná sy haar studies in Potchefstroom afgehandel het en terug was in Polokwane. Estévan moes ’n ooroperasie ondergaan en het verskeie kere geskimp dat Katryn hom moet versorg. “Ek moet erken dit was so bietjie weird!” sê Katryn.

Hulle het SMS-boodskappe oor en weer begin stuur en baie saam gekuier. Só het dit begin, vertel Katryn. “Ek het hom oorgenooi vir Fishaways in ’n take-away-boksie; hy het my genooi vir ’n driegang-maaltyd om ’n tafel – net vir ons twee. Ek het moeite gedoen om op te daag by sy klubrugby.”

34 osb estevan

34 osb katryn


Die verlowing


’n Jaar later was die twee saam met vakansie in die Waterberge. Hulle het gaan perdry en moes op ’n stadium stop sodat die perde kon water drink – “en daar sak die man af op sy knieë!”

Beide hul gesinne was daar om die groot oomblik saam met hulle te deel.

Die troue


Die Legend Golf & Safari Resort in Limpopo, met ’n panoramiese uitsig op “die mooiste berge”, is die ideale bestemming vir Estévan en Katryn se pienk troue. “Ons het dit tradisioneel gehou omdat beide ons ouers se troue pienk was,” sê Katryn.

Ons Sprokiesbruilof is Donderdae om 20:30 op kykNET (kanaal 144). Bly hier op hoogte en gesels saam op sosiale media – op Facebook, Twitter (gebruik die hutsmerk #SprokiesBruilof en #Dorflingtroue), Instagram en WeChat (gebruik die WeChat-ID kykNETtv om kykNET as ’n “vriend” by te voeg).

Herhalings word op Vrydae om 13:30, Sondae om 10:00 en 21:30, Maandae om 10:30 en Woensdae om 11:00 uitgesaai.

Nog Nuus

28 osb johan suret news

Ons Sprokiesbruilof: Johan en Suret

29 Maart 16:50

28 osb ella christo 00 news

Ons Sprokiesbruilof: Eerste liefdes

24 Maart 01:31

28 osb ontmoet ella christo news

Ons Sprokiesbruilof: Christo en Ella

23 Maart 13:40

28 sink special screening news

Saftas 2017: kykNET wen groot!

20 Maart 16:32