27 osb katryn en estevan00

Ons Sprokiesbruilof: Eksie-perfeksie in die Bosveld

In die eerste episode van Ons Sprokiesbruilof is ons weggevoer na Limpopo, waar Estévan en sy bruid Katryn die knoop deurgehaak het.

10 Februarie 01:31

Dis Estévan Dorfling (26), wat in die konstruksiebedryf werk, en Katryn van der Merwe (24), ’n eiendomsagent, se mooiste dag, en daar word omtrent gespook om alles gereed te kry.

Lees meer oor Estévan en Katryn hier.

Dié paartjie, wat mekaar al van skool af ken, trou by die Legend Golf & Safari Resort in Limpopo se Waterberg-gebied en aanbieder Sorina Erasmus is daar om hul by te staan met die beplanning – en natuurlik saam makietie te hou.

“Ek het net gehuil!” Katryn en Estévan vertel ons meer van die groot oomblik toe hy haar gevra het om te trou.

Op Estévan en Katryn se wenslysie is ’n ring vir die bruidegom en “alles moet pienk wees” op hul groot dag.

Katryn laat egter net vir Estévan glo hy het nog nie ’n ring nie, want dié bruid het eintlik al ’n hele ruk gelede ’n spesiale band, met haar ringvingerafdruk daarop, laat ontwerp.

Estévan het een taak, en dit is om die dansbaan te bou. “Vat ’n voorbeeld,” sê die bruidegom. “Moet dit nie ’n dag voor die troue doen nie”.

Sorina is effens bekommerd: Die tafels staan dan leeg? Die geleentheidsbeplanner, Percy, is egter vol vertroue dat hy en sy span die prentjie binne ’n paar uur volmaak sal kry, maar wanneer die wag te lank raak, spring Katryn en haar ma sommer self in. Estévan se pa is vir die pragtige blomrangskikkings, ook die bruid se ruiker, verantwoordelik.

“Gelukkig trou sy eers môre,” spot Johanna, Katryn se ma.

34 osb katryn en estevan01

34 osb katryn en estevan02

34 osb katryn en estevan03

34 osb katryn en estevan04

34 osb katryn en estevan05

34 osb katryn en estevan06

34 osb katryn en estevan07

34 osb katryn en estevan08

34 osb katryn en estevan09



Dan breek die groot dag aan. Die senuwees knaag nog nie, sê Katryn vir Sorina. Dalk het die lang brief wat sy die oggend van Estévan ontvang het gehelp om die bruid rustig te kry.

Voor die bruid en haar pa die pad na die kansel toe neem, wag daar eers ’n verrassing: ’n Helikopterrit. Die uitsig van bo af het Katryn oorweldig, en toe Estévan opkyk “toe loop die trane baie erg,” vertel Katryn. “Toe besef ek: Ek gaan nou trou.”

Vir Estévan het Katryn soos ’n engel gelyk en die trane het spontaan gevloei. “Oom, gee my net ’n druk,” het hy vir Katryn se pa gesê. “Net om vir hom te wys ek is nie net lief vir haar nie, maar ek is lief vir my nuwe skoonpa ook.”

KYK: Hier kom Katryn!

Katryn se broer het hul ringe in die kar vergeet, maar vinnig daarvoor opgemaak. “So jy het vir my gejok,” sê Estévan vir Katryn wanneer hy die ring mooi bekyk. “Dit was ’n groot verrassing.”

’n Helikopterrit vir die paartjie en troufotosessie volg daarna en kort voor lank open hulle die dansbaan by hul pienk sprokiesbruilof.

Ná die toesprake dreig ’n donderstorm om die aand te bederf – die vensters klap, die krag gaan af en van die gaste reën selfs nat. Die lewe bring ook storms, sê Estévan. Die paartjie het dié terugslag goed hanteer en later is dit asof niks skeefgeloop het nie. Kyk die video hier.

Estévan en Katryn se troukoek het effens anders uitgedraai as wat hulle beplan het. Dit was egter steeds pret om dié “koek” te sny:



Later spot Katryn: Die storm het al die gaste gedwing om langer te bly. Hul groot dag was toe inderdaad ’n sprokiesbruilof!

Ons Sprokiesbruilof is Donderdae om 20:30 op kykNET (kanaal 144). Bly hier op hoogte en gesels saam op sosiale media – op Facebook, Twitter (gebruik die hutsmerk #SprokiesBruilof), Instagram en WeChat (gebruik die WeChat-ID kykNETtv om kykNET as ’n “vriend” by te voeg).

Herhalings word op Vrydae om 13:30, Sondae om 10:00 en 21:30, Maandae om 10:30 en Woensdae om 11:00 uitgesaai.

Nog Nuus

28 osb johan suret news

Ons Sprokiesbruilof: Johan en Suret

29 Maart 16:50

28 osb ella christo 00 news

Ons Sprokiesbruilof: Eerste liefdes

24 Maart 01:31

28 osb ontmoet ella christo news

Ons Sprokiesbruilof: Christo en Ella

23 Maart 13:40

28 sink special screening news

Saftas 2017: kykNET wen groot!

20 Maart 16:32