27 osb jaco en lilienne11

Ons Sprokiesbruilof: Die selfdoen-troue

Jaco en Lilienne se troue by Klub Zanandi was ’n droom te danke aan hul familie en vriende, wat almal ingespring het om te help.

17 Februarie 22:45

Jaco en Lilienne se troue by Klub Zanandi was ’n droom te danke aan hul familie en vriende, wat almal ingespring het om te help.

Dié kleurvolle paartjie wou seker maak hul groot makietie pas by hulle. Nie net het baie hande vir ligter werk gesorg nie, maar Jaco en Lilienne was albei betrokke om die kleiner besonderhede haarfyn te beplan: Die helder suikerballe wat as konfetti gedien het, die pienk en groen lae van die troukoek en hul gunsteling-kos.

’n Vakansie-oord was verder die ideale bestemming, want Jaco en Lilienne is kuiermense wat ’n gesellige en gemaklike geleentheid vir hul gaste wou reël: Geen aansitterigheid nie.

Repetisies is iets wat ons meestal net in flieks sien, maar Jaco en Lilienne wou graag ’n toetslopie doen voor die groot dag. Jaco het Lilienne verras met ’n unieke ringdraer, maar die bruid was nie baie ingenome nie.

Op die ou einde was hul troudag inderdaad ’n sprokiesbruilof en Jaco was só ingenome met sy nuwe bruid dat hy haar sommer ’n paar keer gesoen het.

34 osb jaco en lilienne01

34 osb jaco en lilienne02

34 osb jaco en lilienne03

34 osb jaco en lilienne04

34 osb jaco en lilienne05

34 osb jaco en lilienne06

34 osb jaco en lilienne07

34 osb jaco en lilienne08

34 osb jaco en lilienne09

34 osb jaco en lilienne10

34 osb jaco en lilienne11



Ons Sprokiesbruilof is Donderdae om 20:30 op kykNET (kanaal 144). Bly hier op hoogte en gesels saam op sosiale media – op Facebook, Twitter (gebruik die hutsmerk #SprokiesBruilof), Instagram en WeChat (gebruik die WeChat-ID kykNETtv om kykNET as ’n “vriend” by te voeg).

Herhalings word op Vrydae om 13:30, Sondae om 10:00 en 21:30, Maandae om 10:30 en Woensdae om 11:00 uitgesaai.

Nog Nuus

28 osb johan suret news

Ons Sprokiesbruilof: Johan en Suret

29 Maart 16:50

28 osb ella christo 00 news

Ons Sprokiesbruilof: Eerste liefdes

24 Maart 01:31

28 osb ontmoet ella christo news

Ons Sprokiesbruilof: Christo en Ella

23 Maart 13:40

28 sink special screening news

Saftas 2017: kykNET wen groot!

20 Maart 16:32