Logo

Okay, het jy al na die nuwe Die Heuwels Fantasties-album geluister?

Nuus
16 Junie 2017
Die Heuwels Fantasties se vyfde album, OKAY!, is hier.
Die Heuwels Fantasties Okay

FOTO: Verskaf

Pierre Greeff, Hunter Kennedy, Fred den Hartog en Sheldon Yoko se jongste album is vroeg verlede maand uitgereik en aanhangers wat dit nóg nie kon luister nie, kan dit hier aankoop.

OKAY! sluit, soos vorige Die Heuwels Fantasties-albums, oorspronklike werke uit die groep se eie pen in, maar die groep het ook kragte saam met bekendes soos Valiant Swart, JR en Hanu de Jongh saamgesnoer. Verwag ook bydraes van top-musikante soos Janine Neethling (klavier), Adriaan Brand (trompet), Hiram Koopman (saksofoon) en Jannie van die Gereformeerde Blues Band (tuba en tromboon).

Hulle het inspirasie gaan vind in Vleesbaai op die Tuinroete en die album is weer opgeneem in die groen valleie van Stellenbosch by Jurgen von Wechmar se Sunset Studios. “Ons het onsself omring met vriende op plekke wat ons lief het,” het Pierre gesê.

“Op hierdie stadium voel dit vir ons asof die liedjies op die nuwe album, meer as die voriges, amper apart op hulle eie eilande staan, maar tog saam – as ’n geheel – sin maak. Ons wou graag die tydstip waar ons onsself bevind weergee.” 

Die liedjies “Koeëlbaai” (saam met JR) en “Gebruik My” is van hulle gunsteling-snitte op die nuwe CD en hulle glo hul aanhangers sal ook daarby aanklank vind.

Kry hulle hier

Facebook
Twitter
Op Instagram by @DieHeuwels
YouTube
SoundCloud