Logo

Oh, Schucks, fliekNET is terug!

Nuus
13 November 2018
Lees meer.
FliekNET 2

Desember is sinoniem met ontspanning en vermaak – vanjaar is geen uitsondering met fliekNET, wat vanaf 16 Desember terugkeer na DStv-kanaal 198.

Dié tydelike kanaal bied elke jaar vir fliekvlooie die geleentheid om al hul gunsteling Afrikaanse flieks te kyk.

Een van vanjaar se fliekNET-hoogtepunte is die Schuster-fliekfees wat op kykers wag. Dis reg – al Leon Schuster se immergewilde flieks, soos You must be Joking, There’s a Zulu on my Stoep, Sweet ’n Short en Oh Schucks, it’s Schuster! word vir die eerste keer op die kanaal uitgesaai.

Kykers kan ook uitsien na treffers, soos Faan se trein, ’n Paw Paw vir my Darling, Mooirivier, Pad na jou Hart, Klein Karoo, Vir die Voëls, Vaselinetjie, Treurgrond en Noem my Skollie. Daar is selfs iets vir die jongspan – met flieks soos Khumba, Heidi, Die Sneeukoningin, Maya die By, Jou Romeo, Die Pro en Strikdas.

Die goue oues word nie agterweë gelaat nie – Die Storie van Klara Viljee, Katrina, Liefste Madelein, Ma skryf Matriek en Agter Elke Man is slegs ’n paar van die titels wat families saam kan geniet.

Hou dié spasie dop vir die volledige skedule. 

Kry die springmielies gereed en die familie bymekaar vir flieks vir jonk en oud op fliekNET, DStv-kanaal 198 vanaf 16 Desember tot 6 Januarie.