Logo
Fynskrif
web uni tv guide

Fynskrif

144Drama16 L

Nie die laaste sien van Fynskrif

Nuus
22 Oktober 2018
Aanhangers van kykNET se gewilde dramareeks, Fynskrif, sal verheug wees om te hoor dat daar ’n tweede seisoen op pad is.
Fynskrif_Chris van Niekerk

Fynskrif sentreer rondom die regsfirma, Van Wyk & Vennote. In elk van die 13 episodes het die prokureurs ’n saak wat hulle tussendeur persoonlike en familiedramas moet hanteer. Van Suid-Afrikaanse se bekendste akteurs, insluitende Neels van Jaarsveld, Tinarie van Wyk Loots, Cintaine Schutte, Jacques Bessenger en Kim Cloete, het ’n rol in die eerste seisoen vertolk.

KYK: SÓ IS FYNSKRIF GEBORE

Vanaf die eerste episode het kykNET-kykers net positiewe kommentaar oor die reeks op sosiale media gehad:

•    Joachim Jaco Naude: “Klaar verslaaf kan nie wag vir volgende week nie dankie kykNET vir kwaliteit programme deesdae.”

•    Wilma Schutte: “Lyk na ’n uitstekende program! Kan nie wag vir volgende week nie.”

•    Lize Myburgh: “Ek kan sommer sien my volgende 12 weke se Dinsdae-aande is uitgeboek vir kanaal 144... klaar verslaaf... dankie kykNET! Die eerste episode het my klaar ‘gehook’!”

•    Keith de Bruyn: “Sien uit na al die intriges, uitstekende span akteurs. Sal weer Dinsdagaande vasgenael voor my televisie sit.”

Van kinders wat by geboorte omgeruil is en genadedood tot ’n aanrandingseis en een van die manlike karakters wat borskanker kry – die reeks het kykers vasgenael gehou en Dinsdagaande (wanneer die reeks uitgesaai is) kon nie vinning genoeg kom nie.

Die laaste episode van die eerste seisoen het skaars geeïndig toe kykNET oorval is deur boodskappe van kykers wat smeek vir ’n tweede seisoen.

KYK OOK: ONTMOET DIE KARAKTERS

•    Hannetjie Jordaan: “Ek hoop regtig nie dit is die laaste sien van Fynskrif nie. Ek het dit werklik geniet! Dankie! Opvolg asseblief!”

•    Melissa Bezuidenhout: “WOW WOW WOW!! ’n Bevange reeks......bitter spyt dis nou klaar. Daar beter ’n 2de 3de 4de en nog baie meer wees!!”

•    Daleen Coleman: “Puik reeks. Val in almal se smaak. Puik akteurs. Geluk julle! Nog ’n reeks asseblief.”

•    Gerhard Painter: “Van die beste reekse tot nog toe!! Hoop daar’s ’n spoedige opvolg!!”

Wel, kykers het gevra en kykNET het geluister – die Fynskrif-span is besig om aan die tweede seisoen te skryf.

KYK HIER NA BLAPSE UIT SEISOEN EEN.

“Ek en Albert was oorweldig deur die reaksie op die reeks en dit is vir ons ’n voorreg om voort te gaan met die stories van al die prokureurs by Van Wyk & Vennote,” vertel Louis Pretorius, een van die vervaardiger van Fynskrif. “In die tweede seisoen hang die praktyk se toekoms aan ’n draadjie en word almal onder geweldige druk geplaas. Daar is egter ook baie om na uit te sien oor hoe die verskillende verhoudings ontwikkel en soos altyd ’n paar interessante sake.”

Aanhangers sal nog ’n ruk moet wag vir die tweede seisoen, maar intussen is die eerste seisoen op Showmax beskikbaar, vir diegene wat dit gemis het of wat graag weer dit wil kyk.

Hou kykNET se sosiale media dop vir meer inligting oor die tweede seisoen.