Logo

Mooimaak 2: San-Marie druk deur

Nuus
16 Augustus 2018
Lees meer.
Mooimaak San-Mari

Foto: Marguerite Oelofse

Kandidaat: San-Marie Aucamp
Dokter: Dr. Rulene Maré

As die jongste Mooimaak-kandidaat, was San-Marie se vel in ’n goeie toestand, maar haar onderontwikkelde ken, kakebeen en swaar ooglede het haar baie verouder.

Dr. Rulene het meestal op strukturele veranderinge gefokus om die balans van San-Marie se profiel te herstel. Haar kakebeen het meeste van die werk benodig, en ’n reeks behandelings was in fases toegedien.

Na die eerste sessie het San-Marie ’n kommerwekkende reaksie teenoor die vuller gehad. Gelukkig was dit nie ernstig nie, maar dr. Rulene sê dit is baie gerusstellend om die ondersteuning van ’n span dokters te hê, en dit is wat Skin Renewal spesiaal maak.

Die prosedures wat dr. JJ Serfontein vir San-Marie se tande voorgestel het, gekombineerd met haar gesigsbehandelings, was baie seer en sensitief, maar San-Marie het goed deurgedruk en die resultate is fantasties.

Omdat San-Marie op haar ouers moes staatmaak vir vervoer van Hermanus af, moes haar afsprake goed beplan word om in te val by al die ander Mooimaak-verpligtinge.

Dr. Rulene sê: “Dit was so ’n voorreg om deel te wees van San-Marie se make-over-proses. Haar selfvertroue het soveel gegroei in hierdie tyd, en my wens vir haar is dat sy binnekort haar droom werk sal kry noudat sy soos ‘n droom lyk.

Besoek gerus Skin Renewal en Lamelle se webblaaie en maak seker jy skakel elke Donderdag om 20:00 in. Bly op hoogte deur die hutsmerk #Mooimaak te gebruik op FacebookTwitter en Instagram.