Logo

Mooimaak: Ontmoet die nuwe Marisa

Nuus
13 September 2018
Lees meer.
Mooimaak

Kandidaat: Marisa Janse van Vuuren
Doktor: Dr. Graham Duncombe

Die impak wat rook op die liggaam het strek verder as net die voor die hand liggende newe-effekte. Dit was inderdaad dr. Graham se grootste uitdaging, selfs al het Marisa die nare gewoonte gedurende die Mooimaak-proses gelos.

Die diep lyne om haar mond was baie verouderend, maar die grootste probleem was die asfiksie en suurstof tekort in Marisa se vel. Verskeie gifstowwe geassosieer met rook beskadig die kollageen en breek dit af, maar om teen veroudering te veg moet kollageen opgebou word.

Dr. Graham het die CO2-laser – wat slegs gebruik word om die vel op ’n baie diep vlak te vernuwe – voorgestel om Marisa se kollageen ’n hupstoot te gee.

Omdat die vel tyd benodig om van hierdie prosedure te herstel, was dit aan die begin van die proses geskeduleer sodat Marisa se vel die res van die behandelinge kon hanteer.

Die Exilis-behandeling het die metaal-implantate van dr. JJ se tandheelkunde-program geaffekteer. Gelukkig het die  Skin Renewal Institute ’n verskeidenheid behandelinge wat ’n alternatief moontlik kon maak. Die Titan® Laser was baie effektief en het dieselfde resultate in ’n korter tydperk bereik, maar was wel baie pynlik vir Marisa.

Dr. Graham sê: “Ek het soveel respek vir Marisa omdat sy haar rookgewoonte oorkom het. Om so ’n groot verandering te maak is nie maklik nie, maar gepaard met haar fisiese transformasie, sal dit haar lewe heeltemal verander.”

Besoek gerus Skin Renewal en Lamelle se webblaaie en maak seker jy skakel elke Donderdag om 20:00 in. Bly op hoogte deur die hutsmerk #Mooimaak te gebruik op FacebookTwitter en Instagram.