Logo

Mooimaak 2: 'n Nuwe Coreen

Nuus
09 Augustus 2018
Lees meer.
Mooimaak Coreen

Kandidaat: Coreen Cronje
Dokter: Dr. Dalize Willemse

Coreen (67) was die oudste kandidaat wat aan Mooimaak 2 deelgeneem het.

Die grootste uitdaging was om die algehele toestand van Coreen se vel te verbeter. Haar vel was baie verouder en dun, en hoewel sy nooit gerook het nie, was daar diep lyne en ’n verlies van volume om haar mond. 

LEES OOK: ’N NUWE BEGIN MET SKIN RENEWAL

Om die vel te vernuwe, was die CO2-laser dr. Dalize se eerste keuse – ’n intensiewe behandeling wat die dieper lae van die vel bykom. Sy was wel bekommerd dat Coreen se vel nie sterk genoeg sou wees om die intensiteit van hierdie behandeling te hanteer nie, maar haar vel het besonder goed gereageer en die resultate was uitstekend.

Coreen se dun vel moes eers versterk word voor enige van die estetiese, werk wat inspuitings behels, gedoen kon word. Om haar vel ’n hupstoot te gee, was dit gevoed met serums deur middel van die Mesoglow-behandelinge en Lamelle-velsorgprodukte wat gekonsentreerde groeifaktore bevat.

ONTMOET AL DIE DEELNEMERS HIER.

Dr. Dalize sê: “Die resultate wat ons met estetiese behandlings kry maak so ’n groot verskil, maar dit is onmoontlik om die skade wat oor jare aangerig is in ’n paar maande heeltemal te verwyder, en daarom is voorkomende behandelings altyd die beste. Ek is baie tevrede met die resultate, en dit sou selfs beter gewees het oor ’n langer periode.” 

Coreen kan baie trots wees op wat ons bereik het, en lyk weer soos die model van ouds.” 

Skakel elke Donderdag om 20:00 in vir Mooimaak 2 en bly op hoogte deur die hutsmerk #Mooimaak te gebruik op FacebookTwitter en Instagram.