Logo

Mooimaak 2: ‘’n Gloeiende Liana’

Nuus
23 Augustus 2018
Lees meer hier.
Mooimaak_Liana

Foto: Marguerite Oelofse

Kandidaat: Liana van den Berg
Dokter: Dr. Lestonn Lawn

Liana se drastiese transformasie het gepaardgegaan met een van hierdie seisoen se mees intensiewe behandelingsprogramme. Sy het strukturele veranderinge aan haar kakebeen benodig, en as gevolg van 39 jaar se rook, het die kondisie van haar vel ook na ’n opknap gehunker. 

Dr. Lestonn het haar vel se vaal kompleksie, rowwe tekstuur en diep lyne oor haar gesig, nek en bors met ’n kombinasie van intensiewe kollageen behandelinge soos Pearl Fusion Laser en Xela Rederm behandel. 

Haar vel se onvermoë om te herstel as gevolg van die konstante versmoring wat deur so baie jare se rook veroorsaak is, was ’n groot uitdaging. Selfs ’n verwyderde moesie het amper ses weke gevat om te herstel.

Addisionele behandelinge het met die vertraagde herstel tyd gehelp en die genesing van kneusplekke ’n hupstoot gegee. Die resultate was fenominaal. 

Die tweede, en die mees sigbare aspek van Liana se transformasie, was die strukturele werk aan die ken area. ’n Breë ken en baie dun onderlip het Liana baie manlik laat voorkom. 

Dr. Lestonn het die profiel van hierdie area heeltemal hervorm met die strategiese plasing van ’n verskeidenheid dermale vullers. Die resultaat is ’n vroulike, gloeiende Liana.

Volgens dr. Lestonn is die grootste guns wat Liana vir haarself kon doen, om op te hou rook. “Ná ’n paar maande is die resultate alreeds sigbaar, en dit sal net aanhou verbeter. 

“Sy het aanvanklik haarself heeltemal geïsoleer, maar nou kan sy met hernude selfvertroue die wêreld vierkantig in die oë kyk.”

Besoek gerus Skin Renewal en Lamelle se webblaaie en maak seker jy skakel elke Donderdag om 20:00 in. Bly op hoogte deur die hutsmerk #Mooimaak te gebruik op FacebookTwitter en Instagram.