Logo

Mooimaak 2: Claudine pak die bul by die horings

Nuus
06 September 2018
Lees meer hier.
Mooimaak_Claudine

Foto: Marguerite Oelofse

Kandidaat: Claudine Fallen de Jager
Dokter: Dr. Lestonn Lawn

Dr. Lestonn het vining besef dat Claudine se Mooimaak-proses baie meer as net haar uiterlike voorkoms sou omskep. Haar angstigheid was baie opvallend, maar met die hulp van natuurlike supplemente het sy meer gemaklik en ontspanne met die proses begin voel.

Om van oortollige gewig ontslae te raak, het dr. Lestonn die gewigsverliesprogram voorgeskryf, en hoewel dit ’n baie streng eetplan is, het Claudine se wilskrag haar gehelp om 15 kg te verloor. 

Ernstige aknee was teenwoordig oor Claudine se hele vel, en voordat hulle met behandelinge kon begin wat die dieper vlakke van die dermis bereik, moes die aktiewe aknee eers gestabiliseer word deur die maag en dermkanaal te herstel. 

Dr. Lestonn verduidelik dat die hele sisteem aan mekaar verbind is, en dat die vel soos die paneelbord van die lyf is – wanneer iets aan die binnekant nie behoorlik funksioneer nie, sal dit ook op die vel sigbaar wees. 

Daarom was dit belangrik om die oorsaak van die probleem op te los sodat haar vel heeltemal kon herstel. Daarna het die kombinasie van afskilferings, Laser Genesis™ en Pearl Laser die toestand van Claudine se vel drasties verbeter.  

Dr. Lestonn sê: “Claudine se toewyding en uithouvermoë was ’n inspirasie. Die intensiewe tandheelkunde gekombineer met haar vel prosedures was ongemaklik en soms pynlik, maar sy het nooit gekla nie en het die bul by die horings gepak. 

Sy het vrede in haarself gevind, en my wens is dat haar hernude selfvertroue behoue sal bly. 

Besoek gerus Skin Renewal en Lamelle se webblaaie en maak seker jy skakel elke Donderdag om 20:00 in. Bly op hoogte deur die hutsmerk #Mooimaak te gebruik op FacebookTwitter en Instagram.