Logo

Mooimaak 2: Bridget se toegewyding

Nuus
31 Augustus 2018
Lees meer.
Mooimaak Bridget Peterson

Foto: Marguerite Oelofse
 

Kandidaat: Bridget Petersen
Doktor: Dr. Dalize Willemse

Bridget was een van hierdie seisoen se mees drastiese transformasies, en hoewel sy baie hulp en ondersteuning van die span ontvang het, was ’n groot deel van hierdie transformasie haar eie toedoen.

Hier is Bridget voor haar Mooimaak-reis. 

Dr. Dalize het onmiddellik die gewigsverlies-program vir Bridget aanbeveel, omdat sy baie gewig in ’n kort tydjie wou verloor. Bridget was so gefokus en onstuitbaar dat sy in 10 weke ’n ongelooflike 16 kg verloor het.

Tydens die gewigsverlies-proses verander die gesig se profiel ook, en daarom moes hulle wag met van die prosedures, verduidelik dr. Dalize.

Intussen is ’n aantal moesies met ’n lemmetjie per hand verwyder, wat Bridget baie jonger laat lyk het. Dr. Dalize was bekommerd dat die prosedure littekens sou agterlaat omdat so baie terselfdetyd verwyder is, maar met die hulp van die ND Yag-laserbehandeling het haar vel baie mooi gesond geword.

Bridget se vel was in goeie toestand, en is met velafskilverings en laserbehandelings net verbeter. As gevolg van Bridget se donkerder veltoon, het dr. Dalize behandelinge soos die Fraxel Dual en die ‘Vampire Facial’ gekombineer om pigmentasie en veltekstuur effektief te behandel.

Dr. Dalize sê: “Ek was so geïnspireerd met Bridget se uithouvermoë tydens hierdie proses. Selfs na haar groot onthul het sy aanhou gewig verloor omdat sy ’n totale leefstyl-verandering aangeneem het.

Sy het so baie vertroue tydens die proses gehad en geniet nou die resultate van haar harde werk. Ek het geen twyfel dat haar 50’s haar beste jare ooit gaan wees.”

Besoek gerus Skin Renewal en Lamelle se webblaaie en maak seker jy skakel elke Donderdag om 20:00 in. Bly op hoogte deur die hutsmerk #Mooimaak te gebruik op FacebookTwitter en Instagram.