Logo
Suidooster TX change Slim BB
web uni tv guide

Suidooster

144Drama13

Meer Suidooster nóú op die kassie

Nuus
09 April 2018
Dit is uiteindelik tyd vir die gewilde kykNET-sepie, Suidooster, se Vrydag-episode.
Suidooster_5 dae (1)

Dié bykomende episode word vir die eerste keer op 6 April uitgesaai en sal soos Suidooster se ander episodes ook in die premiumtydsgleuf van 18:30 op kykNET en kykNET&kie wees.

Dit beteken dat dié daaglikse drama nou elke weeksdag op teleivisieskerms waai.

Suidooster, wat nog nie eers drie jaar op die lug is nie, is ’n vars briesie op die sepielandskap en het onlangs by die SAFTA-toekennings meer gevestigde sepies in die stof laat byt toe dit aangewys is as die Suid-Afrikaanse sepie met die beste draaiboek, terwyl dit ook een van drie finaliste was in die kategorie vir beste sepie.

LEES OOK: Nege pryse vir kykNET by SAFTAs

Boonop het die gewilde sangeres, Tarryn Lamb, die SAFTA-toekenning vir sepie-aktrise in ’n ondersteunende rol ingepalm vir haar rol as Kim in Suidooster.

Suidooster se akteurs is ook ongelooflik opgewonde oor die ekstra episode.

“By die afgelope KKNK het ek weer eens besef hoe Suidooster ’n sepie vir almal is en dat ons daagliks deel raak van meer en meer mense se lewens,” sê Dean Smith wat Wade in Suidooster speel.

LEES OOK: Suidooster se talentvolle Dean John Smith

Dit word beaam deur die die veteraanaktrise Denise Newman, oftewel Bridgette.  

“Hoewel ons meer woorde moet leer weens die ekstra episode, doen ons dit met ’n glimlag, want Suidooster se aanhangers verdien ’n Vrydag-episode, want hul ondersteuning vir die sepie is verstommend,” sê sy.

Talle gerekende akteurs is deesdae gereeld in Suidooster te sien. Só is Waldemar Shultz wat tans besig om amok te maak as die skurk Eugene in Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar Suidooster afspeel.

Kyk die video hier onder: 



Dan, in die eerste Vrydagaandepisode maak Phillip Henn as Bianca (Simone Biscombe) se biologiese pa Eben, sy verskyning, terwyl Elsabé Daneel binnekort as Estelle terugkeer met Albert Maritz as haar man, Gawie.

KYK OOK: Suidooster: Gedeelde liefde 

Kyk die video hier onder:



Onlangs het kykers ook kennis gemaak met Ivan Abrahams as Ronald, wat die geliefde Mrs J (Therese Sedras) se hart gesteel het en einde verlede jaar het Kevin Smith as Adam weer Lee-Ann (Portia Joel) se hart gebreek.

KYK OOK: Suidooster: Mengelmoes van almal

Suidooster se gewildheid ken geen perke nie – só het dit ook ’n groot aanhang op sosiale media en spog dit reeds ná net 28 maande met meer as 90 000 aanhangers op Facebook.

Die eerste episode van Suidooster is op 16 November 2015 uitgesaai en het begin met drie episodes per week met ’n vierde episode wat in Julie 2016 bygevoeg is. Dit word deur Suidooster Films by Atlantic Studios in Milnerton, Kaapstad, vervaardig.

Die permanente rolverdeling is:
Abduraghmaan Adams,
Cedwyn Joel,
Dean Smith,
Denise Newman,
Desiré Gardner,
Eden Classens,
Gantane Kusch,
Gideon Lombard,
Greta Pietersen,
Irshaad Ally,
Jill Levenberg,
Lauren Joseph,
Marcel van Heerden,
Marco Spaumer,
Maurice Paige,
Portia Joel,
Simone Biscombe,
Theresa Sedras,
Vashti Prins.

Suidooster saai Maandae tot Vrydae om 18:30 uit op kykNET én kykNET&kie. Gesels saam met ons op sosiale media deur die hutsmerk #Suidooster te gebruik.