Logo

Madiba: ’n Uitsonderlike Roeping – eersdaags op kykNET

Nuus
10 Julie 2019
Vind meer uit.
Mandela

kykNET kondig met groot trots aan dat Madiba: ’n Uitsonderlike roeping, ’n ses episode-dokumentêr, op Sondag 28 Julie 2019 om 20:00 afskop. Tydens hierdie ses episodes sal kykers ’n blik kry op die mees intieme deel van Nelson Mandela se jong lewe. Die reeks sal onvertelde stories deur die oë van Zelda la Grange, sy persoonlike assistent van 19 jaar, vasvang.

In haar soektog om die plekke en mense te vind wat hom as mens geskaaf het, ontdek Zelda ook hoe hierdie uitsonderlike man sy roeping gevind het. Van ’n nederige agtergrond in die landelike gemeenskap tot die grootste wereldleier van ons tyd.

In 1994 het Zelda en President Mandela vir die eerste keer ontmoet. Al wat hulle in gemeen gehad het, was dat albei pas by die Uniegebou in Pretoria begin werk het. Met hulle eerste ontmoeting het President Mandela Zelda in Afrikaans gegroet. Min het sy geweet dat daardie ontmoeting haar lewe onherroeplik sou verander.  

Kyk die video hier onder:

Vir die daaropvolgende 19 jaar het hulle saam gereis regoor die wereld. Sy het eerstehands gesien hoe hy mense aangeraak het. Dit is ook gedurende hierdie reise dat hy soveel van sy jong lewe met haar gedeel het en sy vir ure kon luister na stories oor die plekke en mense wat ’n impak op sy lewe gehad het.  

En nou, 5 jaar na sy dood, het Zelda vir die eerste keer moed om terug te keer na van hierdie plekke om te bepaal wat die invloed daarvan op hom was. En Zelda kom tot die besef dat Nelson Mandela nie ’n staatsman en wereldleier oornag geword het nie, maar dat dit sy roeping van ’n jong ouderdom af was.  

Die fassinerende geskiedenis oor hoe die lewe hom voorberei het vir die uitsonderlike pad wat vir hom sou voorle word vir die eerste keer ekslusief op kykNET in Afrikaans gedeel.

Skakel vanaf 28 Julie om 20:00 in op kykNET, DStv-kanaal 144, en deel in die gesprek op FacebookTwitter en Instagram. Hou ook www.kyknet.tv dop vir meer inligting