Logo

Leer ken dr. Chris Giezing – Vet Kans

Nuus
22 November 2018
Lees meer.
Vet Kans_Chris

Dr. Chriz Giezing is al vanaf die jaar 2000 betrokke in mediese estetika. In 2004 het hy een van die eerste ten volle toegeruste estetiese klinieke in Suid-Afrika geopen en hy is steeds voltyds betrokke in die industrie, waaroor hy so passievol is.

In 2000 het dr. Chris mediese gewigsverlies in sy praktyk begin aanbied, aangesien hy die noodsaaklikheid van ’n gesonde leefstyl besef het, vir algehele welstand.

Dr. Chris glo dat estetiese medisyne ’n kombinasie van kuns en medisyne is, en hy gebruik dit as kernbeginsels in sy praktyk. Hy bied ook gereeld opleiding aan waar hy ander medici oplei in onder andere, botulinum toksien behandelings, vullers, chemiese skilfering en vele meer.

In sy praktyk, Aesthetic lab is die fokus gebaseer op ’n drievoudige konsep – Face, Figure & Vigour, waar hy en sy span dan unieke behandelings per pasiënt saamstel. Dr. Chris is ook gereeld ’n spreker by nasionale en internasionale konferensies, en skryf graag vir publikasies in sy verkose veld.

Dr. Chris beskryf sy reis met die Vet Kans-deelnemers, as ’n wonderlike ervaring. Hy dui aan dat dit besonders was om met elkeen van die deelnemers te werk en hul unieke behoeftes aan te spreek met die behulp van die Medi-lean program. Die positiewe invloed van die lewensafrigters was ook behulpsaam met elke pasiënt se transformasie wat meer as net fisies was.

Skakel elke Donderdag om 18:00 in vir Vet Kans op DStv-kanaal 144. Vet Kans word vervaardig deur Rian van Heerden. Lees meer hier