Logo

kykNET-familie verwelkom nuwe sepie

Nuus
01 April 2018
kykNET se splinternuwe sepie, Kruispaaie, begin op Vrydag 6 April om 19:00 in die plek van eNuus op DStv kanaal 144.
Kruispaaie Showpage Billboard 1600 x 640 12.46.02

Kruispaaie is ’n mengelmoes van die kykNET-sepies, Binnelanders, Suidooster en Getroud met Rugby, vasgevang in ’n uur lange weeklikse episode.

Dié besluit om dit Vrydae in die plek van eNuus uit te saai is gemaak na talle klagtes van kykers ontvang is oor die negatiewe inhoud van die nuus.

Die volgende rolverdeling is deel van Kruispaaie:

Suidooster:
Denise Newman, Abdu Adams, Cedwyn Joel, Jill Levenberg, Irshaad Ally, Simone Biscombe, Marco Spaumer, Marcel van Heerden, Gideon Lombard, Greta Pietersen, Theresa Sedras, Portia Joel, Vashti Prins, Eden Classens, Desiré Gardner, Gantane Kusch, Dean Smith, Lauren Joseph en Maurice Paige.

Binnelanders:
Kim Cloete, Clint Brink, Hykie Berg, Pascal Pienaar, Hannelie Warren, Je-ani Swiegelaar, Ben Kruger, Reynardt Hugo, Hans Strydom, Brümilda van Rensburg, Germandt Geldenhuys, Nadia Valvekens, Ramey Short, Cindy Swanepoel, Kisha Skeï, Dawid Minnaar, Ilne Nienaber, Adrian Steyn, Stiaan Smith, Paul Lückhoff, Julie Strijdom, Sandra Vaughn, Daniah de Villiers, Dirk Stoltz, Noah Geldenhuys, Elma Potgieter, Lindie Jordaan.

Getroud met Rugby:
Stephanie Baartman, Nadia Beukes, Jocelyn Broderick, David Clatworthy, Werner Coetser, Christo Compion, Arno Greeff, David Louw, Rina Nienaber, Johan Scholtz, Altus Theart, Christel van den Bergh, Marijke van der Westhuizen, Louis van Niekerk, Sean van Noordwyk, David Vlok, Melissa Willering


David Louw en Christelle van der Berg is ook binnekort te sien in Kruispaaie.

Kruispaaie saai uit vanaf 6 April, elke Vrydagaand om 19:00. Hou kykNET-se webblad dop vir meer, en gebruik die hutsmerk #Kruispaaie op sosiale media om saam te gesels.