Logo
slim BB kwela
web uni tv guide

Kwêla

144TydskrifprogramPG13 VL

Kwêla: ’n Familie weer herenig

Nuus
01 Maart 2017
In ’n episode van Kwêla het ons Vistaris besoek en Arno se suksesstorie vertel. Sy familie het ingeskakel en hom herken, en iets wonderlik gebeur toe.
Hannes Vistarus

FOTO: Kwêla-aanbieder Hannes van Wyk

Arno Bester het op die ouderdom van 18 begin eksperimenteer met dwelms. Hy het alles probeer – tot heroïen hom, soos hy self sê, “gebreek het”. In 2010 het hy alleen en verlore by Vistarus opgedaag. Vandag is Arno een van Vistarus se suksesstories , en ’n berader vir ander verslaafdes.

Verlede week het Kwêla Kobus en Lynette Jacobs (die stigters van Vistarus) se storie vertel. Pieter het ’n onderhoud met Arno gedoen, en iets wonderlik het gebeur! Arno se oom en tannie het ingeskakel vir Kwêla vanuit Vredenburg, en hom herken.

Hulle het vir jare na Arno gesoek, en kon hom nooit opspoor nie. Hulle het opgegee en aanvaar dat hy dood is – totdat hulle hom lewendig en gelukkig op hulle TV gesien het!

Hulle was geskok en oorstelp, en het die volgende dag kontak gemaak met Vistarus. Hulle het met Arno oor die foon ’n baie emosionele herontmoeting gehad, en volgens Lynette Jacobs is “familiebande herstel en nou het Arno weer familie buite Vistarus”.

Die Kwêla-familie is só gelukkig dat hierdie insetsels ’n verskil kon maak in Arno en sy familie se lewe, en wens hulle alle voorspoed toe!

Kyk weer na die insetsel hier onder: