Logo
slim BB kwela
web uni tv guide

Kwêla

144TydskrifprogramPG13 VL

Kwêla se Funnies en Feite & Geite 2017: Pryse

Nuus
01 Oktober 2017
Die wenners van Kwêla se Funnies- en Feite & Geite-kompetisie stap vanjaar weg met ’n heerlike vakansieprys!
Funnies Feite Geite Club Med

Vanjaar se Funnies- en Feite & Geite-kompetisiewenners slaan ’n Club Med-prys los wat ’n week se verblyf in ’n Club Med Mauritius-oord vir twee mense in ’n Club-kamer insluit!

Kykers wat aan ons SMS-kompetisie deelneem om vir hul gunsteling-video’s te stem, staan egter ook ’n kans om pryse te wen. Lees meer hier onder.

Kwêla se Funnies- en Feite & Geite-wenners wen:

’n Week se verblyf in ’n Club Med Mauritius-oord vir twee mense in ’n Club-kamer.

Die prys sluit die volgende in:

Toegang tot die volledige gourmet-spyskaart (ontbyt, middag- en aandete), wat wyn, bier en koeldrank insluit;

Oop kroeg: Daagliks en saans, wat verversings insluit;

Eksklusiewe Club Med-vermaak;

Omvattende versekeringsdekking; en

Oordragkostes.

Die prys sluit nie die volgende in nie:

Kostes verbonde aan paspoorte, visums en nodige inentings;

Bykomende ekskursies en persoonlike uitgawes; en

Vlugte en belastingheffings.

Bepalings en voorwaardes

Die prys is nie onderhandelbaar, oordraagbaar of aflosbaar vir kontant nie.

Die gebruik van die prys is onderworpe aan die beskikbaarheid van akkommodasie.

Die prys is geldig vanaf Januarie 2018 tot Junie 2019.

Die prys kan nie tydens seisoenale spitstye of skoolvakansies gebruik word nie.

Pryse kan slegs 8 weke voor die vertrekdatum bevestig word.

Besprekings vir verblyf moet direk gemaak word deur Mariska van Niekerk by: mariska.van [email protected]/011 840 2661.

Minstens drie opsies vir datums moet verskaf word.

Die toerismebevorderingsowerheid van Mauritius sal die retoervlugte asook lughawe-belasting voorsien:

Dit sluit in vier ekonomiese-klas-retoerkaartjies (lughawebelasting ingesluit) via Air Mauritius. Die kaartjies kan gebruik word om vanaf Johannesburg, Kaapstad of Durban na Mauritius te vlieg.

Neem egter kennis van die volgende bepalings en voorwaardes:

Vliegkaartjies is vir een jaar geldig, vanaf 1 Januarie 2018 tot 31 Desember 2018.

Die vliegkaartjies is nie onderhandelbaar, oordraagbaar of verhandelbaar nie.

Die gebruik van die kaartjies is onderworpe aan die beskikbaarheid van vlugte.

Vliegkaartjies is nie tussen seisoenale spitstye en skoolvakansies aflosbaar nie.

Besprekings kan gemaak word deur Janet de Kretser van MEROPA by: +27 11 506 7300 of [email protected].

SMS-pryse

Vir kykers wat per SMS vir Kwêla se Funnies- of Feite & Geite-video’s stem gedurende die volledige duur van die kompetisie.

Abalone Pool Villas

Ons eerste gelukkige SMS-wenner stap weg met ’n 3 nag-vakansie vir twee mense by die pragtige Abalone Pool Villas in die historiese dorpie Paternoster aan die Weskus. Elke Villa is ’n selfsorgeenheid met ’n private swembad en asemrowende uitsig oor die see. Die prys sluit 3 nagte se verblyf in met ontbyt, middagete en aandete wat bedien word deur jou persoonlike butler. Vlugte en vervoer vanaf die lughawe na Abalone Pool Villas word ook verskaf.

Die prys sluit nie die volgende in nie: Alle drankies.

Beperkings van verblyf: 1 Desember 2017 – 15 Januarie 2018, alle langnaweke en openbare vakansiedae. Die prys is vir een jaar geldig vanaf die uitreikingsdatum.

Majeka House & Spa

Die tweede SMS-wenner word bederf met 3 nagte se verblyf vir twee mense in die Eikestad, Stellenbosch, by die stylvolle 5-ster ontwerp-juweel, Majeka House & Spa. Jy kan uitsien na ontbyt en aandete (met wyn) voorberei deur sjef Lucas Caarstens by die gewilde Makaron-restaurant op die perseel. Die pragtige Premier Collection-kamer waar jy sal tuisgaan, is die toonbeeld van luuksheid en kreatiwiteit met elke kamer wat versier is met ’n unieke styl. Vlugte en vervoer van die lughawe is deel van hierdie wonderlike prys.

Pryse sluit nie die volgende in nie: Bykomende etes, verversings en drankies; die gebruik van die mini-kroeg in die kamer; asook enige spa-behandelings.

Besprekings vir beide SMS-pryse kan gemaak word deur Eske Cilliers van Manley Communications by: [email protected]/0861 626 539.

Maak seker jy skakel Sondae om 20:00 in vir Kwêla op DStv-kanaal 144 en hou ook dié blad dop vir meer.