Logo
slim BB kwela
web uni tv guide

Kwêla

144TydskrifprogramPG13 VL

Kwêla: Funnies en Feite & Geite 2017

Nuus
05 Julie 2017
Skryf in vir Kwêla se Funnies- en Feite & Geite-kompetisie!
Kwela Feite Funnies Art

Dis weer tyd om jou video’s in te stuur vir Kwêla se opwindende Funnies- en Feite & Geite-kompetisie!

As jy ’n video het wat iets skreeusnaaks of oulik vasvang, of jy enige interessante of verbasende gebeure in die natuur verfilm het, skryf dit dadelik in!

Meer inligting oor vanjaar se pryse sal op ’n latere stadium beskikbaar wees.

Laai die inskrywingsvorm hier af.

Alle inskrywings moet gepos word na:

Kwêla Amateur Videokompetisie 2017

Homebrew Produksies

Postnet Suite 248
Privaatsak X1
Vlaeberg
8018

OF AANLYN per e-pos gestuur word na: [email protected] of [email protected], saam met ’n inskrywingsvorm.

Wetransfer (www.wetransfer.com) kan gebruik word om groot leêrs (tot 2G groot) te stuur. Heg asseblief die inskrywingsvorm en video saam aan.

Hier is die maklike stappe wat jy moet volg om jou video-inskrywing vir Kwêla se Funnies- of Feite & Geite-kompetisie aanlyn met Wetransfer te stuur, indien jou video te groot is om per e-pos te stuur:

  1. Laai die inskrywingsvorm hierbo af.
  2. Vul die vorm op jou rekenaar in en “save” dit, of druk dit uit – vul in en skandeer.
  3. Maak die internet op jou rekenaar oop, en tik www.wetransfer.com in.
  4. Kies die “free”-weergawe indien jy opsies kry – hiermee kan jy tot 2 Gig verniet stuur (ongeveer 3 minute as jy op jou slimfoon afneem).
  5. Kliek op “add file” en kies jou video.
  6. Kliek op “add more files” en kies jou inskrywingsvorm.
  7. Tik die e-posadres in – [email protected] vir Funnies, of [email protected] vir Feite & Geite.
  8. Tik jou naam en telefoonnommer in by “message”.
  9. Kliek op “transfer”.
  10. As jou inskrywing suksesvol gestuur is, sal die skerm wys “transfer complete”.
  11. Kliek op “okay”.

Geen video sonder ’n inskrywingsvorm sal aanvaar word nie.

Jy sal ’n bevestigings-e-pos met ’n verwysingsnommer vir jou inskrywing ontvang.

Wat as ek vasbrand?

Bel Eunice Stoltz by 021 422 3452 tydens kantoorure (Maandag tot Vrydag tussen 9:00 en 17:00).

Bepalings en voorwaardes

INSKRYWINGSFASE (Call for entries)

  1. Daar kan in twee afdelings vir Kwêla se Amateur Video-kompetisie ingeskryf word, naamlik die Funnies-afdeling en die Feite & Geite-afdeling.
  2. Elke inskrywing moet van ’n inskrywingsvorm vergesel word. Dit is ook verkrygbaar van Homebrew Films (HOMEBREW) by telefoonnommer (021) 422-3452 tydens kantoorure (Maandag tot Vrydag, 9:00 tot 17:00).
  3. In die Feite & Geite-afdeling kan enigiets ingeskryf word – van reisjoernale, nuusgebeure, raar-maar-waar-stories, natuurtonele, ens.
  4. In die Funnies-afdeling is ons op soek na video’s wat ’n mens laat lag.
  5. Materiaal moet verkieslik digitaal in die beste kwaliteit wat jy dit in verfilm het gelewer word.Jy kan dit op DVD, geheuestokkie of band lewer, of per e-pos stuur.
  6. Dit maak nie saak wanneer die video-opname gemaak is nie.
  7. ’n Maksimum van 3 inskrywings per deelnemer sal in die Feite & Geite-afdeling toegelaat word en ’n maksimum van 5 inskrywings in die Funnies-afdeling.
  8. In die Feite & Geite-afdeling moet daar nie meer as 15 minute se videomateriaal ingestuur word nie. Dit kan ongeredigeer wees. Sou die inskrywing tot die finale ronde deurdring, mag die produksiehuis moontlik verdere materiaal aanvra.
  9. Indien die deelnemer verkies om ’n geredigeerde weergawe in te stuur, mag dit wel gedoen word; stuur net die oorspronklike materiaal, met die natuurlike klank, sonder musiek of kommentaar saam. Sou die inskrywing tot die televisieronde deurdring, sal die na-produksie (die redigering, teks en klankmeng) egter professioneel deur die produksiehuis gedoen word.
  10. In die Funnies-afdeling moet die videomateriaal wat ingestuur word nie meer as 15 minute wees nie. Soos in die Feite & Geite-afdeling kan die videomateriaal geredigeer of ongeredigeer ingestuur word, maar sou die inskrywing die televisieronde haal, sal die produksiehuis die na-produksie hanteer.
  11. Die videomateriaal moet saam met die inskrywingsvorm per voorkeurpos of geregistreerde pos gestuur word aan: Kwêla Amateur Videokompetisie 2017, Postnet Suite 248, Privaatsak X1, Vlaeberg, 8018. Dit kan ook per hand by die produksiekantoor afgelewer word by Orangestraat 46, Gardens, Kaapstad. E-pos-inskrywings kan gestuur word na [email protected] of [email protected]. Inskrywings wat per e-pos gestuur word, moet vergesel word van ’n inskrywingsvorm. Geen inskrywings daarsonder sal aanvaar word nie.
  12. Inskrywings wat op CD, DVD of geheuestafie ontvang word, sal nie teruggepos word nie. Maak dus seker dat u vir uself ’n kopie maak, voordat u dit instuur.
  13. Elke inskrywing moet op ’n aparte inskrywingsvorm gedoen word.
  14. ’n Beoordelaarspaneel sal die finaliste keur, waarna die kykers per SMS-stemproses die geleentheid gaan kry om die wenners in albei afdelings te kies. Die gehalte van die inskrywings sal die aantal finaliste bepaal.
  15. Eerste, tweede en derde plek wenners van die Funnies- en Feite & Geite-kompetisie van die vorige jaar mag nie weer inskryf nie.
  16. Die inskrywings sal beoordeel word op grond van inhoud eerder as tegniese gehalte.
  17. Persone wat in die televisiebedryf werksaam is, mag nie deelneem nie. Enige direkteur, lid, vennoot, werknemer, agent of konsultant van die promotor en enigiemand wat die promotor beheer of deur die promotor beheer word, sowel as verskaffers van goedere of dienste wat verband hou met die kompetisie, mag nie deelneem nie. Geen werknemers van M-Net, kykNET, Homebrew Films, of Kwêla (of enige van hulle vennote), mag vir die kompetisie inskryf nie. 
  18. Die sluitingsdatum vir Feite & Geite en Funnies is 31 Augustus 2017.
  19. Die finaliste sal in November bekend gemaak word en die publiek sal per SMS vir hulle gunstelinge kan stem.
  20. Die na-produksie van video’s word volgens die produksiehuis se diskresie gedoen en die stemuitslag van die kompetisie is finaal. Daar sal geen briefwisseling daaroor gevoer word nie.
  21. Deelnemers jonger as 18 jaar moet toestemming by hulle ouers of voog verkry voordat hulle kan inskryf.
  22. M-Net behou homself die reg voor om geredigeerde insetsels van die videomateriaal op M-Net en op sy Afrikaanse kanale uit te saai; asook die reg om hierdie materiaal eksklusief op enige wyse kommersieel te benut.

KOMPETISIEFASE

  1. Gedurende die kompetisiefase kry kykers die geleentheid om vir hulle gunsteling video’s te stem deur die naam van ’n sleutelwoord na 33157 te SMS. Dié nommer is ook toeganklik vir Namibiërs.
  2. ’n SMS kos R1.50.
  3. Gedurende die kompetisiefase word slegs 30 SMS’e per unieke selfoonnommer toegelaat.
  4. Gratis SMS’e geld nie en foutiewe SMS’e sal ook verreken word.
  5. Die wenners van die videopryse word bepaal deur die kykers sestemme.
  6. Kykers wat per SMS stem kom ook in aanmerking vir pryse.
  7. Die wenners van die SMS-kykerspryse sal deur middel van ’n elektroniese prystrekking geïdentifiseer word en telefonies in kennis gestel word. Die wenners se name sal ook op Kwêla bekend gemaak word, en die wenners van die finaal sal in die program aangekondig word.
  8. Ingevolge die Wet op Verbruikersbeskerming moet alle wenners hul persoonlike inligting en identifikasie-dokumente aan die organiseerders verskaf om die pryse te kan opeis.
  9. Indien die SMS-kompetisiewenners nie binne vier telefoonoproepe en een SMS binne 24 uur bepaal kan word nie, word die prys verbeur en behou die organiseerders die reg voor om ’n nuwe wenner onder dieselfde voorwaardes te trek.
  10. ’n Onafhanklike ouditeursfirma sal die resultate van die stemproses oorsien. Die .
  11. Deelnemers wie se inskrywings deurdring na die TV-ronde, sal per e-pos in kennis gestel word van dieuitsendingstye.Die persone wat nie die TV-ronde gehaal het nie, sal nie in kennis gestel word nie.
  12. Die deelnemers wat tot die finale ronde deurdring en hulle pryse in die ateljee ontvang, mag nie op enige ander media, insluitende sosiale media netwerke, soos Facebook en Twitter daaroor gesels, voordat dit nie op Kwêla bekend gemaak is nie.
  13. Geen korrespondensie sal oor die uitslag / beslissings van die beoordelaars gevoer word nie.
  14. Deelnemers neem op eie risiko deel en Kwêla, Homebrew Films, kykNET en M-Net asook die ander derdeparty verskaffers aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige verlies, beskadiging of skade wat direk of indirek met die deelname aan die kompetisie verband hou nie.
  15. Indien wetgewing vereis dat die kompetisie gekanselleer word, is Kwêla, Homebrew Films, kykNET, M-Net en die ander derdeparty-verskaffers nie verantwoordelik vir die pryse of koste van SMS-inskrywings nie.
  16. Wenners mag versoek word om hulle pryse op Kwêla in ontvangs te neem, maar hulle kan die versoek toestaan of afwys.
  17. Deur vir die kompetisie in te skryf, erken deelnemers dat hulle al die bepalings & voorwaardes aanvaar.
  18. Vir navrae skakel Eunice Stoltz by 021-4223452 gedurende kantoorure (Maandag tot Vrydag 9:00 tot 17:00).