Logo
slim BB kwela
web uni tv guide

Kwêla

144TydskrifprogramPG13 VL

Kwêla: Dorp van die Jaar 2017

Nuus
16 Februarie 2017
Dis weer tyd vir Kwêla se Dorp van die Jaar (DVDJ)-kompetisie! Benoem nóú jou gunsteling-dorp en staan ’n kans om met die dorp en die mense daar te spog!
Dorp van die Jaar

Dis weer tyd vir Kwêla se Dorp van die Jaar (DVDJ)-kompetisie! Benoem nóú jou gunsteling-dorp en staan ’n kans om met die dorp en die mense daar te spog!

Maak jou dorp se mense die lekkerste gebak? Is dit die één dorp in die land waar jy altyd sal tuis voel as jy in die strate afry? Hoeveel skatte lê versteek in jou gemeenskap? Is julle slaghuis die bes bewaarde geheim in die land? Benoem nóú jou gunsteling-dorp en staan ’n kans om met die dorp en die mense daar te spog!

Wie kwalifiseer?


Enige dorp in Suid-Afrika of Namibië kan benoem word, mits dit:

• Minder as 500 000 inwoners het.
• Nie ’n streekswenner in die afgelope twee jaar was nie (2015: Wellington, Jeffreysbaai, Douglas, Meyerton, Petrus Steyn, Middelburg, Newcastle, Thabazimbi, Swakopmund. 2016: Hermanus, Loxton, Kirkwood, Paul Roux, Hentiesbaai, Ballito, Potchefstroom, Dullstroom, Hoedspruit).
• Vorige wendorpe mag vir 5 jaar na hulle as wenner aangewys is, nie weer deelneem nie (Graaff-Reinet, De Rust, Sabie, Fouriesburg, Middelburg en Hentiesbaai).

Hoe werk dit?


Benoem jou gunsteling-dorp uit enige streek deur die dorpsnaam na 33157 te SMS (SMS’e kos R1,50). Inskrywings open op 15 Februarie 2017 om 20:30 en sluit op 21 Februarie 2017 om 12:00. Jy kan soveel dorpies benoem soveel keer as wat jy wil (net een dorpsnaam per SMS).

Daar sal uit nege streke gekies word:


1. Gauteng en Noordwes (saam)
2. Noord-Kaap
3. Oos-Kaap
4. Wes-Kaap
5. Vrystaat
6. Limpopo
7. Mpumalanga
8. KwaZulu-Natal
9. Namibië

Uit elke streek sal die drie dorpe met die meeste benoemings deurdring na die semi-finale ronde (op 8, 15 en 22 Maart). Hier kry die publiek vir ’n week lank elke ronde ’n geleentheid om vir hul gunsteling-dorp te stem. Die dorp met die meeste stemme dring deur na die finale ronde.

Kwêla sal ’n insetsel op elk van die nege dorpies kom verfilm.

Wanneer ál nege dorpe op Kwêla gewys is, sal die publiek van 20:30 op 24 Mei tot 12:00 30 Mei 2017 vir die wendorp kan stem.

Die wendorp word op 7 Junie 2017 op Kwêla aangekondig.

Die dorp met die meeste stemme word as Kwêla se Dorp van die Jaar aangewys. Die dorp wen ’n ongelooflike R1 miljoen se bemarkingswaarde van kykNET.

Homebrew Films, die vervaardigers van Kwêla, sal ’n 30-sekonde-advertensie oor die dorp maak, wat gedurende kykNET se advertensietyd uitgesaai sal word.

Daar sal ook ’n groot partytjie in die wendorp gehou word – musiek, kos, pret en sommer baie van daai wendorp-gees! Kwêla sal weer daar wees om dit te verfilm, en dit sal later die jaar uitgesaai word.

Hoe lyk Afrikaans in jóú dorp? Klik hier.


Bepalings en voorwaardes


1. ’n Dorp kwalifiseer vir Kwêla se Dorp van die Jaar-kompetisie as die getal inwoners minder as 500 000 is en die dorp of woongebied nie binne ’n metropolitaanse gebied val nie.
2. Die vorige twee jaar se streekwenners kan nie benoem word nie. (2015: Wellington, Jeffreysbaai, Douglas, Meyerton, Petrus Steyn, Middelburg, Newcastle, Thabazimbi, Swakopmund. 2016: Hermanus, Loxton, Kirkwood, Paul Roux, Hentiesbaai, Ballito, Potchefstroom, Dullstroom, Hoedspruit).
3. Vorige wendorpe mag vir vyf jaar nadat hulle as wenner aangewys is, nie weer aan die kompetisie deelneem nie. (Graaff-Reinet, De Rust, Sabie, Fouriesburg, Middelburg en Hentiesbaai).
4. Kykers kan enige dorp in Suid-Afrika of Namibië wat nie deur punt 1, 2 of 3 uitgesluit word nie, benoem.
5. Om ’n dorp te benoem, moet die naam van die dorp na 33157 geSMS word. Dié nommer is toeganklik vir selfoonnetwerke in Suid-Afrika en Namibië.
6. As die naam van die dorp onlangs verander het of in die proses is om te verander, kan die ou of nuwe naam per SMS ingestuur word.
7. Deelnemers hoef nie op ’n dorp te woon om dit te benoem nie.
8. Die benoemings sluit Dinsdag 21 Februarie 2017 om 12:00.
9. Tydens die benoemingsfase is daar geen beperking op die getal dorpe wat deur ’n individu benoem mag word nie.
10. Tydens die benoemingsfase is SMS’e per selfoonnommer onbeperk. In alle ander fases van die kompetisie word SMS’e tot 30 per selfoonnommer beperk.
11. Vir die doeleindes van die kompetisie word elke provinsie in Suid-Afrika as ’n streek beskou, behalwe Gauteng en Noordwes wat saam een streek vorm. Namibië word as die 9de streek ingesluit (Noord-Kaap; Oos-Kaap; Wes-Kaap; Gauteng/Noordwes; Vrystaat, Limpopo; Mpumalanga; KwaZulu-Natal; Namibië).
12. Die vyf dorpe per streek met die meeste benoemings word aan die beoordelaars, wat uit verteenwoordigers van Kwêla en kykNET saamgestel is, voorgelê.
13. Die beoordelaars kies drie uit die vyf dorpe met die meeste benoemings per streek vir die semifinale ronde van die kompetisie.
14. In die semifinale ronde kry die publiek die geleentheid om deur hulle SMS’e die streekswenners te bepaal.
15. Die sluitingsdatum vir elke streek sal op Kwêla bekend gemaak word en die dorp met die meeste stemme dring deur na die finale ronde.
16. Wanneer elke streek se wendorp bekend gemaak is, kry kykers die geleentheid om in die finale ronde vir die Dorp van die Jaar te stem.
17. Aan die einde van die finale ronde sal die dorp met die meeste stemme as Kwêla se Dorp van die Jaar aangekondig word.
18. Die sluitingsdatum vir die finale ronde is Dinsdag 30 Mei 2017 om 12:00.
19. Die wendorp sal op Kwêla bekend gemaak word op Woensdag 7 Junie 2017.
20. Die SMS-stemlyn vir die kompetisie is 33157. Dié nommer is toeganklik vir selfoonnetwerke in Suid-Afrika en Namibië.
21. ’n SMS kos R1.50.
22. Gratis SMS’e geld nie en foutiewe SMS’e sal ook verreken word.
23. Ingevolge die Wet op Verbruikersbeskerming moet alle wenners hul persoonlike inligting en identifikasie-dokumente aan die organiseerders verskaf om die pryse te kan opeis.
24. ’n Onafhanklike ouditeursfirma sal die resultate van al die stemprosesse oorsien en verifieer.
25. Die onafhanklike ouditeursfirma se beslissing is finaal.
26. Geen korrespondensie sal oor die uitslag gevoer word nie.
27. Wenners kan versoek word om op Kwêla te verskyn of vir publisiteitsdoeleindes vir ander media gefotografeer te word, maar die wenners kan die versoek toestaan of afwys.
28. Deelnemers neem op eie risiko deel. Kwêla, kykNET en Afrikaans.com aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige verlies, beskadiging of skade wat direk of indirek met die deelname aan die kompetisie verband hou nie.
29. Indien wetgewing vereis dat die kompetisie gekanselleer word, is Kwêla, kykNET en Afrikaans.com nie verantwoordelik vir die pryse of koste van SMS-inskrywings nie.
30. Werknemers van Kwêla, kykNET en Afrikaans.com sal nie vir die pryse in aanmerking kom nie.
31. Geen familielid van Homebrew Films of Afrikaans.com mag vir die kompetisie inskryf nie.

Pryse

32. 2017 se Dorp van die Jaar wen R1 miljoen in bemarkingswaarde van kykNET, en ’n 30-sekonde-advertensie oor die dorp (“besoek …. 2017 se dorp van die jaar”), gemaak deur Homebrew Films vir uitsaai in kykNET se advertensietyd.

Vir navrae, kontak Martin Gouws of Therese Benade by 021 422 3452 of stuur ’n epos na [email protected].