Logo

Kom vier Emo Adams se 30ste jaar in die musiekbedryf

Nuus
21 Februarie 2018
Kry nou jou kaartjies!
Emo Adams

Emo Adams het verskeie hoogtepunte in sy loopbaan beleef die afgelope 30 jaar. Nie net in die musiekbedryf nie, maar ook in die teater en vermaaklikheidsbedryf.

Sowat 20 jaar gelede het Emo, tesame met sy broer Loukmaan Adams, Sury Boltman, Nur Abrahams en Mono Dullisear die boyband JAG (Just Another Group) begin wat sy wildste verwagtinge oortref het. Iets wat hy gedink het net in hul jeug sou vlamvat, het ’n paar jaar gelede almal aan die praat gehad toe hul finale optrede van hul nasionale toer meer as 10 000 kaartjies verkoop het.

Vir diegene wat nie genoeg kon kry van hierdie aantreklike manne nie, is daar nog ’n laaste kans om hulle onder oë te kry. Daar gaan nie net gesing word nie, die atmosfeer en musiek sal jou laat terugdink aan jou kinderdae, familietyd en selfs jou eerste liefde.

Om dinge selfs meer van ’n beat te gee, is Camillo Lombard en Sean de Vries van die Take Note Band gesamentlik verantwoordelik om julle skouers heelaand te laat skud.

Kunstenaars soos Robbie Wessels, Katlego Maboe, HemelBesem, Tarryn Lamb, Alistair Izobell, Early B en Sterling EQ is ook te sien! Spring om jou kaartjie by Computicket te koop:
JAG Celebrates #Emo30YrsInMusic

Venue: GrandWest Arena

Datum: 24 Maart 2018

Koste: R150 - R350